KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
Kom! Speel saam ! Noem die vreugdes in jou lewe!

Van myne is:
Appelkoostyd, ganse wat met kleintjies tussen lusernlande stap,
Boerbokke wat teen die hang uitskilfer, ’n hanslam wat kwispelstertjie skuimbekkie
geknield by jou staan en drink, ’n kat wat 6 kleintjies in jou kas in die mandjie
wat jy orals vir haar reggeskuif het kry en hulle spinnende en trots vir jou wys!
‘n Skaaphond wat baldadig en getrou altyd op sy pos langs jou draf, ’n Karoo-kop vol vuurvlammende rooi aalwyn raseme, ’n sonsondergang langs die groot Gariep.
Die lag in iemand se oë wat na jou kyk en diep-bly is om jou te sien en te ken...

Re: Kom! Speel saam ! Noem die vreugdes in jou lewe!

melkkos en braaivleis as jy in Taiwan bly

Re: Kom! Speel saam ! Noem die vreugdes in jou lewe!

Beesstert-potjie op 'n Sondagmiddag in die bos,langs die Luembe-rivier diep in Angola,saam met jou SA kollegas.....en natuurlik 'n lekker glas Captain Morgan!

Re: Kom! Speel saam ! Noem die vreugdes in jou lewe!

die reuk van reen wat aankom en die reuk van grond net as die eerste druppels reen begin val, die reuk van klein baba hondjies as jy hulle so styf teen jou vasdruk, die eerste klein liggroen moerbeiblare van die lente, want dan weet jy, die winter is verby

Re: Kom! Speel saam ! Noem die vreugdes in jou lewe!

dIE REUK VAN NAT DRUPPELS WAT VAL OP DIE AARDE VAN DIE SUID KAAP WAT GEBUK GAAN ONDER HEWIGE DROOGTES

Re: Kom! Speel saam ! Noem die vreugdes in jou lewe!

'n diepsee-duik wat goed afgeloop het, met helder water en baie haaie!! My hond Trix!