KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
View Entire Thread
Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Mag dit tog nooit met julle gebeur nie wees net versigtig die ergste kom nog . JY was sekerlik nie in die 70 tigs oorlog in Angola nie .DIE SWART REWOLUSIE IS NABY

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Al die dinge in ons mooi land maak mens bang. Wanneer word ek, my vrou of my kinders vermoor in die misdaad regerende tyd waarin ons leef? Almal sê: "As hulle aan my familie raak ...", wat dan? Jy kan niks doen nie.
Wat wel moet gebeur is dat die werklike statistieke aan die ander lande bekend gemaak moet word dat daar ingegryp kan word van buite af. Die blankes vlug, want dis amper die enigste manier van oorleef. Onwettige immigrante stroom die land binne en word sommer burgerskap gegee. Dit maak die meerderheidsgroep van die ANC net nog sterker en die minderheidsgroepe word nog kleiner.
Wat nou gemaak as jy nie die finansies het om die land te verlaat nie, want self dit raak al so ingewikkelde storie en duur. Ek het dit ook oorweeg, maar kan dit nie bekostig nie. Ek het 'n gesin wat moet saamtrek, en ek los hulle nie hier alleen en trek alleen nie. Nou probeer ek maar kyk dat ek belê in 'n polis vir elke kind dat as hulle groot is, daar voorsiening gemaak is dat hulle maar oorsee vir hulle 'n toekoms gaan bou, hier gaan nie so iets vir hulle wees nie. Dis nou ook te sê as hulle dit maak om groot te word in die land van ons.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

...dis te sê as die polisse dan nog iets werd gaan wees! maar dis 'n onderwerp vir 'n ander dag!

Ek glo daar is baie wat jou sentimente deel veral die van dat jy immers nie 'n hele gesin en of familie net kan agterlaat of kan saamneem nie!

Ons is waar ons is- die vraag is, wat gaan ons doen, hoe hanteer ons dit, wat sê ons vir mekaar...?

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Ai mense, hierdie hele bespreking is wat my moedeloos maak, wat het die voortrekkers gedoen om hulle waens oor die drakensberge te kry? het elkeen maar sy waentjie opgetel en oor gedra? NEE!!!!. Hulle het mekaar gehelp, met baie geduld, moeite en GELOOF. My oupagrootjie Cornelis Johannes Roos was daar, net die moorde by Blaauwkrans vrygespring, agt dae later sy mense gaan begrawe wat hy net aan hulle klere kon uitken, so vermink was hulle, terug gegaan bloedrivier toe en gehelp sewe soorte sous uit die moordenaars skiet, weereens met geduld, moeite en GELOOF. Hulle het hierdie mooi land gebou en vir ons agter gelaat om dit verder vir ons nageslagte te bou en te bewaar, maar wat maak ons, ons sit agter oor en kla, kyk sport en kla, braai en suip en kla. Gaan kyk maar, geen bymekaar kom met ons gedenk dae nie, nee, ons braai en suip en kla liewer. Kom ons ondersteun en raak betrokke by organisasies wat probeer iets positiefs doen en dan leer ons mekaar ken, en ons bou weer vir ons kinders en hulle kinders 'n toekoms in hierdie mooiste God gegewe land. Groot asseblief.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Dis altyd interressant om te sien hoe die "do-gooders" van die wêreld verdwyn sodra hulle hulle ding gedoen het.

'n Paar punte wat Brian uitlig is meer relevant veral vir die gemiddelde Amerikaner en selfs Amerikaanse Politici, wat baie maal uit die goedheid van hulle humansitiese harte dinge probeer verander wat nie verander wil of moet word nie.

Kultuurverskille in Afrika is onbekend aan meeste van die Westerse Wêreld en dieselfde geld vir die Midde Ooste. Nie alle volke kan oorleef in Demokrasie nie en glo ook nie daarin nie. Ek hoor die woorde "Hindight is 20/20", maar daar was tog oomblikke van waarskuwing in die ou dae, was daar nie?

Emosie en heelwaarskynlik skuldgevoelens oor die eerste wêreld se eie verlede was veral in die sestiger jare en veral in Amerika nog vars in die geheue. Vandaar die dryfveer vir verandering. Die regering van toe en rassistiese wetgewing het nie gehelp nie. Let daarop dat ek nie praat van appartheid nie, want appartheid het volgens my, voordele ingehou waarvan ons vandag die vrugte kon gepluk het as dit reg bestuur was. "Separate Development" om agtergeblewenes te bring tot dieselfde vlak as wat blankes was en vandag is was 'n revolusionêre idee wat teen mure vasgehardloop het en totaal verkeerd "verkoop" is aan die buitewêreld. Die mure was ons eie mense se beheptheid met ras en kleur en gevoelens dat nie-blankes minderwaardig was en is.

Onbekend was onbemind en ons het self die fout gemaak om ons kultuur en gewoontes op ander te probeer afdwing, sonder om in die toekoms in te kyk.

So, wat het gebeur. Nie-blankes is gepolariseer en gevaarliker nog vervreem van die politiek en daaglikse gebeure in hulle geboorteland.

Simpatie en/of empatie met hulle situasie het van oral af ingestroom - net soos gebeur het met die swart bewuswording in die VSA en met die Jode na die Tweede Wêreldoorlog.

Die verskil in Afrika was die kultuur. Hoe meer simpatie en geld ingestroom het hoe minder is daar geleer om self te voorsien. Geld en rykdom was skielik iets wat aansien en meer gevaarlik mag gegee het en dit het gelei tot korrupsie en wanadministrasie in alle fasette van die daaglikse lewe en niemand het dit of wou dit raaksien, behalwe 'n klein groepie mense van alle rasse. Hulle het gewaarsku, maar die skielike mode om te veg vir die minder bevoorregtes en vetraptes het beter gelyk op papier. Koerant papier.

Wat gebeur toe in Amerika? Die feit dat rassisme skielik 'n grondige rede geword het om hof toe te gaan het begin voordele wys. En al wat regsgeleerde was het die waarde op papier - weereens koerantpapier- raakgesien.

Enige iemand wat, selfs al was dit moontlik per implikasie of oop vir persepsie, rassisties of anti-semities gepraat of geskryf of opgetreë het, in Europa en meeste ander plekke in die wêreld was skielik die duiwel homself en moes op die brandstapel vernietig word.

Skuldgevoelens is 'n lelike ding. Veral as ander daarvan misbruik begin maak.

In Amerika kan jy baie maklik gedagvaar word as jy blyk rassisties op te treë. Baie nie-blanke mense het in die verlede ryk geword en dinge reggekry wat amper onmoontlik gelyk het deur te dagvaar vir gelyke regte, maar veral weens "rassisme".

Israel kom gereëld weg met grusame optrede "ter selfbeskerming" en die Palestyne in die oë van die Arabiere is geregtig daarop om mense te vermink of te dood as dit kom by hulle verdrukkers, Israel.

Die vraag is het enige blanke al geslaag in enige rassisme klag in die VSA? Of in die RSA?

As Israel môre Iran met kernwapens aanval en die hele Midde Ooste in gevaar stel weens die uitval, sal enige land die "koeëls" hê om hulle te straf of sal hulle 'n klap op die hand kry?

Dis dieselfde situasie in Afrika en dit sluit Suid Afrika in. Almal sien wat gebeur. Almal dink dis skokkend en maak geluide wat sê sies man, 'n mens maak nie so nie, maar daadwerklike stappe word nie geneem nie. Hoekom nie? Want as jy Afrika aanvat as die magtige Amerikaanse Regering mog jy dalk net uitgekryt word weens jou rsssistiese optrede. Hoe kan jy die swakke Afrikane kasty oor hulle wanadministrasie en korrupsie en hoë misdaad en vervallende infrastrutuur, wanneer hulle nooit regtig die kans gehad het wat julle ryk nasies gehad het nie. Ten minste probeer hulle hulle bes!

Ten minste het Sadam olie gehad en hy het sy mense onderdruk en hulle land se rykdom vir homself gevat en vir hulle, die VSA niks gegee nie.
Die feit dat die Koningshuis van Saudi Arabië dieselfde doen is blykbaar irrelevant, want hulle deel hulle rykdom met die VSA en Europa.

Afghanistan was die vieslike nes van sameswering van Osama Bin Laden wat mense van reg oor die aarde vermoor het met die VSA se eie vliegtuie. Hulle het gesoek daarvoor. Islam verkondig oorlog teen die ongelowige Christene en is 'n wêreld gevaar. Vernietig hulle, want niemand sal julle rassiste en anti-semities noem nie, maar moenie aan Afrika vat nie Amerika. Julle sal julle vriende verloor en dalk gedagvaar word omdat julle rassisties opgetreë het.

En o ja. Rassiste kan nie swart wees nie. In die VSA en veral die RSA het ons dit mos nou al geleer. En as China dalk begin oorneem in die donker kontinent, draai maar die kop weg, want Amerika kan nie bekostig om met hulle in 'n bakleiery betrokke te raak nie. Nie op die oomblik nie. Watter skade kan hulle tog regtig aanrig?

Die oplossing? Sien Afrika soos dit in die realiteit lyk. Vergeet van "goody-two-shoes" wees en steek jou nek uit Amerika en Europa en Britanje en Australië en sien die bome vir die bos raak, sonder om julle eie reputasies te probeer politoer gee.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

DIt is geweldig hartseer om te dink dat al hierdie dinge besig is om te gebeur en dat daar nog steeds mense is wat sê dat daar nie 'n Genecide gaan plaasvind nie. Dit is 'n werklikheid want, kyk hoeveel swartmense het asiel ens. hier gekry.Rassisme is aan die orde van die dag en Korrupsie is vir hulle 'n inkomste kyk net terug in die Geskiedenis dan kan ons sien dat daar nie op hulle staat gemaak kan word nie. Mnr Mandela word as 'n held aan ons kinders opgedis maar, hulle vergeet om te noem van die bomme wat hy geplant het hy is 'n moordenaar en het die doodstraf verdien dit is die enigste fout wat in ons vorige regime gemaak was en dit was om nie die doodstraf toe te pas op moordenaars en verkragters nie.

Die rede vir al die misdaad en geweld is omdat die hele regering bestaan uit oud gevangenis dus wat gebeur, die mense sien dat hulle daarmee weggekom het !!!!!!!!!!!!!!!Dus kan hulle ook . Ek kan net bid dat die Here ons genadig sal wees en in sy arms sal toe dek

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hier is n feit, Demokrasie beteken die meeste stemme wen, en regeer dan. In n land waar die meeste stemme nie die opvoeding het of gehad het om n politieke party se ekonomiese, sosiale, opvoeding ens.. beleid te verstaan nie, is daar min hoop.
Hoe is dit moontlik om n verkiesing te wen in SA, net die party wat die massas kan oortuig om vir hulle en nie noodwendig vir hulle beleid te stem nie - die ANC kan se en doen wat hulle wil, die onopgedvoede massas (en ek verwys na geen ras nie, as die skoen pas trek hom aan) is aan hulle kant, weet nie hoekom nie, dalk vertel die ANC hulle as hulle nie ANC stem nie, gaan dinge terug na voor 1994 toe...

Ek en my jong gesin, het in 2006 die geleentheid gehad om Switzerland toe te verhuis om te werk op n projek daar.

Dit was heerlik en dis n pragtige land (met baie reels) en onbekostigbare huise - wat beteken, as jy in die skoon, lae belasting, lae korrupsie, basies misdaad vrye land wil bly, dit geen probleem is tensy jy twee boersuens het wat net eenvoudig nie in n woonstel pas nie.

Dus het ons besluit om van daaraf Amerika toe te verhuis, nou kan ons n huis bekostig, in n ordentlike buurt waar die kinders heeldag buite rondhardloop (behalwe natuurlik in die yskoue winters).
Die misdaad syfer is redelik laag, maar belasting is hoog, en die buurt waarin ons bly is skoon en wel versorgd.

Die punt wat ek by probeer uitkom is dit, mens trek nou al derduisende jare as hulle nie gelukkig is nie, of dit nou van een buurt na die ander is, een provinsie na n ander of een land n ander.

As jy glo wat jy lees oor die oorsprong van mens, kom ons almal in die eerste plek van Afrika af, en het van daaraf, versprei, duisende jare later het ons voorouers besluit om weer te probeer. En tussen 300 en 400 jaar terug het hulle weer probeer in Afrika.

Ek verstaan Tjaard wat meen dit is heeltemal te duur, en hy is reg, sonder my maatskappy wat vir dit betaal het, sou dit vir my onmoontlik gewees het. Maar ek het geglo, en gebid, en hard gewerk, en die Here het vir my die geleentheid gebring, net soos ek glo, die Hugenote destyds gebid het vir verlossing in Frankryk, en telke ander voorbeelde waar mense besluit het genoeg is genoeg.

Opgevoede hard werkende Suid Afrikaners is n gesogte entiteit in die buiteland, dit below ek almal.

Ek mis Suid Afrika, my familie, vriende, kultuur, sport ens.
Maar, ek het nuwe vriende gemaak (wat ons uitnooi na hulle familie geleenthede), ek leer nuwe sporte, ek probeer met alle krag my kinders die goeie kultuur van n Afrikaner leer, ek beplan om kortliks n kinder rugby liga hier te begin, en probeer elke week met die familie by die huis in kontak te bly, en baie belangrik, ons maak elke maand Biltong.
....en as ek in die aand in die bed le en wonder of ek die huis alarm aangeskakel het draai ek op my sy en dink vir myself, dit maak nie saak nie.

So lief ek is vir Suid Afrika en alles en almal wat ek agter gelaat het, is ons tyd hier op aarde is min, en ek wou eenvoudig net nie meer elke aand die huis opsluit soos n tronk nie, ek wou nie meer in die middel van die nag opsring met my hart wat uit my bors wou spring as die alarm (meestal perongeluk) afgegaan het nie. Ek wou he my kinders moes die geleentheid he om saam met hulle maats in die buurt tot laat op n somersaand te kan baljaar, soos ek gemaak het. Ek wou my vrou by huis totsiens soen in die oggend en nie die heeldag bekommer of sy veilig gaan wees nie.

Ons het eers na ons getrek het besef dat al die dinge wat ons as aanvaarbaar begin vind het in Suid Afrika, absurd is, mens leef nie so nie.

As iemand my hier vra of ek ooit sal terug gaan, gee ek altyd dieselfde antwoord: "Ek hoop so, maar op die oomblik is dit n goeie tyd om elders te wees"

Die wereld oor kry ons mense wat agv. hulle herkoms saam klomp - in New York kry jy China Town, Little Italy...ens. Elke jaar in meeste groot stede reel 3de, 4de, 5de geslag Iere n "St. Patricks day parade" Binne ry afstand van ons, is daar klein Switzerland, waar die mense heerlike Swiss kaas maak, wat hulle honderde jare terug by hulle immigrant voorouers geleer het. Die stad waar ons bly het n ryk Duitse kultuur, ek is seker mens kan honderde voorbeelde uitkrap.

Net ons as ouers en mentors kan ons kultuur en die dinge wat ons afrikaners maak voort te dra, maar nie omdat ons voel dit ons plig is nie, vir my doen ek dit omdat ek hou van ons werk etiket, ek is trots op die Afrikaner geskiedenis, ek hou van Rugby en Droeewors en Biltong(dankie Robbie W), ek leer my kinders Afrikaans en het deur my Suid Afrikaanse dominee n kerk hier gekry wat vir my dieselfde boodskap en waardes dra. Ek koop graag Afrikaanse musiek, (meer as toe ek in SA was) my kinders vra elke keer as ons in die kar klim om dit op te sit.

Ek stel myself graag hier voor as n Suid Afrikaner en ek hoop my kinders sal dieselfde doen, en ek hoop op alle hoop dat my klein kinders hulle self as Suid Afrikaanse Amerikaners sal voorstel, en sal trots wees op hulle herkoms.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

As spes-magte operateur was ek baie jare verbonde aan die weermag,ek wil graag beklemtoon dat ons reeds in 'n sosialistiese stelsel is, die enigste verskil is dat die top hierargie,uit individue bestaan,wat hulself verryk ten koste van hul eie mense, hul eie ideale, hul eie drome, die land en die res van die inwoners, en dat dit 'n wenresep is vir 'n globale boggerop!

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

My opinie: Die man se feitelike stellings klink waar(onthou ek is nie tans in SA nie). Dis soos met enige land of besigheid wat verkeerd draai-jy moet eers die ding toeknyp wat verkeerd is ,voordat jy iets kan regmaak. Om dit reg te maak ,het jy leiers en n goeie politieke bestel nodig en dit gaan nie maklik gebeur nie,want die ander mense is in beheer...

Of n mens moet trek? Dit hang af van n paar dinge... Die mense se ouderdomme,hoieveelheid en soorte kinders met watse behoeftes...N Mens wil die kinders die beste moontlike toekoms gee-werk vir mans in SA is n probleem en as jou kind n dokter is,is SA dalk n AIDS risiko,ens,ens...kwalifiseer jy vir n visum,hat jy die regte kwalifikasies om werk te kry of genoeg geld om jou vir die res van jou lewe te onderhou indien jy nie werk kry nie...? Is jy bereid om n ander werk te doen soos in n winkel te werk of n ander ambag te leer...? n Ander land werk dikwels totaal anders as jou eie land-daai ou mag sukkel om her aan te pas in Amerika as hy lanklaas daar was-elke land verskil.

Daar is uiteindelik n universele feit-elkeen in die wereld ,ongeag waar hy vandaan kom,verlang na sy wortels.meestal is dit die plek waar hy/sy grootgeword het of gebly het en kinders grootgemaak het,of n plek waar hy die aarde liefgekry het...Dit gaan nooit weg nie-ons het almal al met aanpassing gesukkel op n plek waarheen ons getrek het-dis net erger in die buiteland,want die aanpassing is grote,maar mettertyd vind jy weer n plekkie in die son en jou kinders ook-soms met moeite en soms daarsonder.

Elkeen maak dus n keuse op sy eie gronde en mag die HERE ons almal seën en bewaar en mag SY wil geskied!

Annemarie

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Ek val heelhartig by die eerste repliek se standpunt in met die volgende byvoeging:


As Oraniër heg ek ‘n rede aan by my standpunt om te bly: Soos wat die Afrikaner oor eeue heen, sedert Van Riebeeck se dae, gestreef het na ‘n onafhanklikheid en om net oor homself te regeer, so wil ek dit vandag nog doen. En elke keer het ons dit reggekry – totdat uit eie geledere iemand of faksies gekom het om die dryfkrag te kelder. Hier wil ek weer voor begin, en die tekens is daar dat ek kan slaag. Ek werk uit ‘n bodem wat ek ken, uit ‘n land wat eens myne was. Ek bewys weer ek kan oorleef.


In ‘n ander land sit ek met ‘n vreemde taal, ‘n vreemde mentaliteit, ‘n vreemde bodem. Ek sit met volkere wat hulle godsdiens verloor het.


Dit is nie my Heimat nie.


Ten spyte van ander redenasies sit ek tog met volkere om my wat ek verstaan, beter verstaan as wat ek Engelse verstaan. Die skade wat die Engelse my aangedoen het ‘n eeu gelede is van die wreedste en verraderlikste wat jy jou kan bedink. Kan hy ooit my vriend wees?


Laat ons bly en die Skepper dank vir ‘n natuur om ons wat nêrens anders te vind is nie, vir ‘n gesonde, gedissiplineerde leefwyse wat ons uniek maak, vir ‘n geleentheid om steeds in hierdie donker kontinent ‘n ligdraer te wees.

Om Afrikaner te bly wees – soos wat jy ook is.

Francois

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Baie Dankie vir elke bydrae en opinie sover!
Soveel gedeelde sentimente, soveel nuwe seggings wat HOOP bly gee!

Ek is daarvan oortuig dat ons in GELOOF,en met almal se insette hier, 'n werkbare oplossing kan vind!

Duskantlanders, of hul duskant of anderkant woon, is immers die ware planmakers van alle volke!
Dit is ook histories bewys!

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hallo Hennie,
Dankie vir jou e-pos. Ek wil graag vir die R200 prys kwalifiseer met die boek wat ons so pas gepubliseer het (net 'n grappie). Dis op Engels en heet: Tincture - passing the buck and bucking the system. Ek heg bietjie inligting aan. Ja, dis ook maar negatief want dit bevat amper 500 bladsye se ontleding van die verskillende substelsels van Suid-Afrika, met 'n holistiese perspektief van hoe 'n demokrasie eintlik behoort te werk. Soos die subtitel aandui het dit te make met 'n gebrek aan verantwoordelikheid en toerekenbaarheid oor 'n bree front.
Sal graag hoor of jy dink die Duskantlanders en Anderkantlanders kan dit gebruik.
Groete,
Andre Gatvlieg (dis nou Engels vir Gadfly - my mede outeur is Peter (Duits) Smacker, soos in Klapper) Ons mag dalk nog die boek vertaal, maar dit was sover 'n helse werk van oor die vyf jaar gewees)

Sommige van die gevolgtrekkings uit die boek is:

• ‘n Kragtige politieke elite is besig om die natuurlike omgewing te vernietig
• Akademiese instellings is onder hulpbron- en ideologiese bedreiging
• Kripvreters in staatskorporasies kos die belastingbetaler baie geld
• Die staat veroorsaak die bankrotskap van baie klein ondernemings
• Versoeke om tenders en ‘RFPs’ is bodemlose putte
• SKOOR en die Parlement is nie meer effektiewe beheermeganismes nie
• Daar is ‘n geleidelike erosie van menseregte, mediavryheid en die regstelsel
• Politiek oorheers alles en dienslewering het drasties afgeneem
• Meriete en die waarheid geld selde
• Suid-Afrika is steeds ‘n wonderlike land hoewel dit nou wild en woes raak.


(RED: 'n kort oorsig van die boek is beskikbaar en kan op SO MAAK MENS se NAVRAE blokkie aangevra word.)

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Ek kan niks nog hierby voeg nie. Die Amerikaner se brief som die situasie uitstekend en weldeurdag op. Baie geluk aan die skrywer vir die moeite ! Wat ons hieraan kan doen weet ek nie.
Ons sal moet planne maak en vinnig ook! Groete A.J.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Ly die Afrikaner aan Swartdoodsindroom?
MAANDAG, 27 SEPTEMBER 2010 14:09 HEINRICH B ZAAYMAN
Die optrede en reaksie van sommige Afrikanergroepe op die bedreiging vir ons voortbestaan, vergelyk kommerwekkend baie met die reaksie van mense in Europa ten tyde van die Swartdood.

In die eerste helfte van die veertiende eeu, het die Swartdood, of Buboniese Plaag oor Eurasië, en veral Europa gespoel, en binne ‘n paar maande is ongeveer 50% van Europa se bevolking, en veral sekere streke se bevolkings dood. In sommige gevalle is hele dorpe of stede uitgewis. ‘n Italiaanse skrywer, Giovanni Boccaccio, wat die effek van die plaag opgeteken het, het dit soos volg beskryf: “How many valiant men, how many fair ladies, breakfast with their kinfolk and the same night supped with their ancestors in the next world! The condition of the people was pitiable to behold. They sickened by the thousands daily, and died unattended and without help. Many died in the open street, others dying in their houses, made it known by the stench of their rotting bodies. Consecrated churchyards did not suffice for the burial of the vast multitude of bodies, which were heaped by the hundreds in vast trenches, like goods in a ships hold and covered with a little earth.”

Gedurende die hoogtepunt van die plaag, het die troebadoer Peire Lunel de Montech die uiters hartseer liriese gedig "Meravilhar nos devo pas las gens"geskryf. Een strofe hieruit lei: “They died by the hundreds, both day and night, and all were thrown in ... ditches and covered with earth. And as soon as those ditches were filled, more were dug. And I, Agnolo di Tura ... buried my five children with my own hands ... And so many died that all believed it was the end of the world.”

Uit bogenoemde kan duidelik gesien word dat Europa se mense bedreig was met ‘n ogelooflike uitwissingsramp, en natuurlik het hulle vrae gevra oor wat aan die gang is omdat hulle nie die wetenskaplike kennis en tegnologie gehad het om die oorsaak van die siekte vas te stel en te oorkom nie. Die plaag het ‘n geweldige sosiale uitwerking gehad.

Stede en dorpe het hulleself probeer beskerm deur die stadspoorte te sluit, en enige vreemdelinge is weggejaag of doodgemaak. Sommige streke het pateties ‘n klipmuur op die grond gepak tussen hulle en ‘n streek waar die plaag voorgekom het. Maar daar moet onthou word dat die mense van Europa oorwegend gelowige Katolieke was, en die priesters in die kerke het probeer om ‘n Bybelse verklaring te gee. Hierdie verklarings het wyd verskil, en was dus die oorsaak van verskillende reaksies, waarvan die grootste die volgende was:

Sommige mense het geglo dat dit die einde van die wêreld was ingevolge die boek van Openbaring, en dus het sommige probeer wegkruip en hulle afgesonder, terwyl ander weer besluit het, dit is dan nou die tyd om vir oulaas te leef, te drink en sonde te pleeg, want hulle gaan in elk geval sterf.
Sommige het geglo dat God die mensdom straf as gevolg van die sondige lewenstyl hier op aarde, en dit het die gevolg gehad dat party heeldag gebid het, maar die uiterste effek was ‘n groep wat deur die geskiedskrywers die “Flagellants” genoem word. In Afrikaans sou ons hierdie mense die “Selfkasteiers” kon noem. Hulle het geglo dat God hulle en die mensdom sou vergewe, as hulle hulleself straf deur rond te gaan en hulleself op die rûe te slaan met swepe en gesels. Andere het hierby nog kruise ook gedra soos hulle van dorp tot dorp geloop het. Geskiedskrywers beskryf hierdie groep, wat maer en verhonger van dorp tot dorp geloop het, met minimum klere aan, en hoe hulle met bebloede rûe en roepend tot God gestap het. In sommige dorpe is hulle aangeval en doodgemaak.
Sommige groepe het geglo dat daar identifiseerbare mense in die samelewing was, wat die oorsaak was van hierdie plaag as straf van God, omdat hulle nie Katolieke was nie, en in hierdie geval is die Jode grootliks geteiken. Daar het onbeskryflike aanvalle op Jode plaasgevind, waarin hulle vermoor en verdryf is. Skrywers meld dat in sommige Joodse gemeenskappe man, vrou en kind doodgemaak is.
Buite die godsdiens, het gemeenskappe mekaar aangeval, net omdat hulle geglo het die ander gemeenskap is om een of ander rede die oorsaak van die plaag.
Die gevolge van al hierdie sosiale onrus en gebeure het ‘n geweldige uitwerking op Europa gehad, en dit het hulle 150 jaar geneem nadat die plaag verby was, om te herstel. Sommige skrywers meen dat 10% van die mense wat gedurende die plaag gesterf het, nie as gevolg van die siekte gesterf het nie, maar aan die hand van hulle medemens.

Dit is ‘n feit dat die mense van Europa bedreig was met totale uitwissing, en dat die oorsaak van hierdie geheimsinnige siekte ver bo hulle begrip was; vandaar die radikale oorsake wat hulle uitgedink het, en waarmee hulle probeer sin maak het van hulle omstandighede ten tyde van die plaag. Daardie wanhopige redevoering was ook die oorsaak van hulle ekstreme en vergesogte optredes.

Vir sommige mense en groepe word die Afrikaner ook vandag met uitwissing bedreig. Die pers is vol van die aanslag op ons taal, die moorde op die plase, en ons weet hoeveel Afrikaners het al geëmigreer, en hoeveel praat daagliks of dit nie beter gaan wees om die land te verlaat nie. Verder is daar natuurlik die ANC se beleid van Swart Bemagtiging waardeur blankes nie toegang tot die arbeidsmag gegun word nie, ‘n swak onderwysstelsel wat ons kinders ‘n substandaard-skoolopleiding gee, en al hoe meer wetgewing wat sakemanne en boere wil dwing om sonder meer groot blokke aandele in ondernemings wat hulle deur harde werk opgebou het, net eenvoudig aan swartes te gee.

Ons is ontnugter, verdwaas, kwaad en daardeur soekende na die oorsaak van ons huidige omstandighede. En dit is hier waar ons mense hulle nou aan dieselfde wanhopige redes en optredes begin skuldig maak, as die mense van Europa tydens die plaag. Ons soek nou na ‘n adder aan eie boesem. So, waar is die ooreenkomste met die optrede van die Europeërs tydens die Swartdood?

1. Sekere mense het klaar oorgegee, en glo dat die einde in elk geval al verby is – dat die Afrikaner nie meer bestaan nie. Hulle het vrede gemaak met die nuwe SA, en neem heelhartig daaraan deel. Ons drink, hou partytjie, woon dorps- en kunstefeeste by asof dit nooit genoeg sal wees nie. Hulle omhels die nuwe SA. Dis mos in elk geval verby.

2. Sekere groepe glo dat God die Afrikanervolk straf, en dat ons ons moet bekeer en elke dag verootmoedig om aan Sy straf te ontkom. Daar word teruggegryp na die Ou-Testamentiese God van vuur en wraak oor die vergrype van Sy volk. Die simptome stem verstommend ooreen met Europa in die tyd van die Swartdood. Dit is net nie meer die inding om jouself fisies te straf nie, maar hulle straf hulleself geestelik genadeloos.

Ek het al reaksies op artikels, wat oproepe doen op Afrikanereenheid onder alle Afrikaners, op Praag se webblad gesien waarin dit duidelik is dat sekere Afrikanergroepe hulleself as die verteenwoordigers van God op aarde sien, en dat enigeeen wat nie soos hulle glo nie, “uitgewerp word in die buitenste duisternis”. Ek glo, as ons in die Middeleeue geleef het, sou die “uitgeworpene” ook doodgemaak word.

Een kommentator het geskryf: “As jy nie saam met my my God aanbid nie, is jy nie my broer nie!” Ek sou graag aan die skrywer wou vra; Watter God? Die God van vuur en swael, en wraak, of die liefdevolle God wat sy Seun gestuur het om as Lam gemartel te word, en aan die kruis te sterf vir ons sondes?

3. Op ‘n ander Afrikanerwebblad lees ek dat daar ‘n Boerevolk, en ‘n Afrikanervolk bestaan, en dat hierdie twee se paaie moet skei. Dan kry jy die “liberale Kaapse Afrikaner” wat geen plek tussen die Transvalers en Vrystaters het nie. Die feit dat ons almal van dieselfde stamouers afstam, dieselfde taal praat en dieselfde kultuur het, dra by hierdie mense of groepe geen gewig nie. En die grootste “uitvaagsels” is die Afrikaners wat “ja gestem” het.

Daar is geen rasionele denke oor die werklike oorsake van die Afrikaner se huidige dilemma nie, en ek kon nog nie vasstel hoe daar gedink word oor die einste Transvalers en Vrystaters wat ook in duisende ja gestem het nie. En hoe nou gemaak as daardie einste ja-stemmers nou tot inkeer of “openbaring” gekom het dat hulle “skuldig” was aan hoogverraad, en nou wil hulle ook dinge weer verander om vir die Afrikaner ‘n regverdige bedeling of Vryheid te bewerkstellig?

Die Jode van die Swartdood word nou onder ons eie mense gesoek! Die verleiding van die Nasionale Party en die Broederbond word nou genegeer tot onbelangrik, want dit is die mede-Afrikaners wat gesondig het, verraad gepleeg het, Mammon aanbid het. Die adder in eie geledere wat God se wraak en straf oor ons gebring het!

Ons volk is so paniekerig, kry so seer en is so verward, dat ons onder mekaar byt en baklei, want iemand moet skuldig wees en iemand moet nou beetgekry word. Dit is soos ‘n spul rotte wat die sinkende skip wil verlaat, en nou trap ons mekaar onder die water in, en byt mekaar net om tog bo te wees, om weg te kom van die pyn en verskrikking en om uit die gevaar en bedreiging te kom.

Hierdie toedrag van sake strek ons nie tot eer nie, inteendeel dit is ‘n skandvlek op ons naam, en laat my wonder; Is die Afrikaner vandag by sy eie Toring van Babel? Ons kan mekaar nie meer vandag sommer doodmaak nie, so pak ons nou maar ewe pateties klipmure tussen mekaar, om die Swartdood uit te hou? Die ondergang en vernietiging van ons volk gaan nie as gevolg van die ANC, of die Liberaliste en Geldmag wees nie! Dit gaan hierdie bittere en venynnige onderlinge twis en tweespalt wees.

Vir die volksgenote, wat andersdenkendes onder die volk wil veroordeel, uitwerp en “stenig” wil ek met deernis herinner aan Jesus ons Verlosser se woorde: “Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip gooi”. Die Afrikaner sal net heel, gesond word en suksesvol word, as hy begin saamstaan, en almal hande vat om ons droom van soewereine Vryheid waar te maak. Ons het genoeg vyande en teenstanders buite, ons hoef nie onder mekaar oorlog te maak nie.

Of moet ons wag vir die uiterste krisis, soos in HG Wells se boek “War of the Worlds”? In die boek beskryf die verteller hoe die mense van Londen wegvlug voor die masjiene van Mars, waar die armes, rykes, siekes, ou mense, kinders sonder aansiens des persoons saam hulle bondeltjies dra en skouers skuur soos hulle vlug van die verskrikking af. Moet ons werklik eers gelouter word tot op daardie punt, of gaan gesonde verstand begin seëvier?

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Ek, as Afrikaner, stem saam met dit wat almal hierbo skryf - wat seker snaaks klink, synde van die reaksies amper reelreguit teen die ander is.

Die werklikheid is dat dit net 2 kante van dieselfde muntstuk is.....

Ek was vir 7 jaar in die Midde Ooste, waar ek kans gehad het om te sien en ervaar hoe dinge vir ander kulture en lande ontvou....

Ons is beslis als behalwe uniek......ek bedoel nou in die sin dat alle volke probleme het - die verskil is altyd in hoe dit opgelos word. Nie dat ek eers dit waag om te dink ek het 'n oplossing vir die gemors waarin ons ons tans bevind nie!

Ek's nou al 18 maande terug in die RSA (en steeds werkloos, moet ek byvoeg!) en iets wat vir my steeds opvalled is, is die algemene negatiewiteit waarmee Afrikaners daagliks saamlewe.

Synde ek vir so lank net vir kort rukkies SA toe gekom het om kontak te behou met famielie, ens is dit dalk vir my meer opvallend as vir die ouens wat nog die hele tyd hier is. Ek dink almal is so vasgevang in hul daaglikse lewe, dat ons nie werklik meer ons koppe oplig en probeer om verder vooruit te kyk nie.....

Bv. jy kan nie dadelik jou hand op jou selfoon sit nie. Die algemene, onmiddelike reaksie is dat dit gesteel is en jy's dadelik smoorkwaad! Die gedagte dat jy dit dalk in jou kamer of in die kar vergeet het kom eers heelwat later by jou op......

Dis nie dat ek enigsins die situasie wil probeer vereenvoudig nie - maar ons is so geneig om saam te praat en te kla oor die situasie....en tog is dit amper asof die meerderheids gevoel dan is dat iemand anders dit tog asb. moet kom uitsorteer, want wat kan ek as individu dan maak om die saak te verander?

En ja, ek besef as Afrikaner is dit baie moeilik om regtig voouruit te gaan in die nuwe Suid Afrika! Maar ai tog - wat doen ons om dit te verander?

'n Boer maak 'n plan.......Dis tog 'n gesegde wat ons almal gebruik en ons is almal gesteld op ons herkoms - of jou famielie deel was van die Groot Trek of eers later die noorde betrek het, maak nie nou meer saak nie.

Onthou die verlede, maar maak jou eie toekoms. As ons as Afrikaner volk nie gaan saamstaan (Duskant en Anderkant albei), en dalk baie moeilike tye in die gesig staar nie, dan kan ons nie kla as die nageslag in 'n heel ander kultuur groot word nie.

Die laaste keer wat die Boervolk saamgestaan het was tydens die Boere oorlog in die begin van die 1900's - selfs met die Angola oorrlog was almal nie 100% almal agter die besluit nie!

Wat gaan dit vat om weer almal saam te staan? Wanneer gaan ons as Afrikaners saamstem en opstaan onder 1 vaandle en nie dwarstrek onder mekaar nie? Dit gaan moet wees ten spyte van verskille in ideale, idees en persoonlike verskille.......is ons instaat daartoe? Sonder dat ons hardkoppigheid en pure asprisgeit ‘n rol speel? Ek wonder of ons al ver genoeg in 'n hoek gedruk is om dit moontlik te maak?

En glo my, na my ervaring oorsee (en ja, ek was vrou alleen daar, sonder enige famielie of ondersteuning en dit was moeilik!), sou ek more teruggaan as ek al my famielie kan optel en saamvat. Maar, soos meeste ouens wat trek, is dit nie moontlik om almal saam te vat nie en sal jy altyd ‘n persoonlike verbintenis met SA he.......dit is tog op stuk van sake jou geboorteland en ek dink altyd “’n kind van Afrika bly ‘n kind van Afrika – al plant jy hom ookal waar!”.

Ek wil ook glad nie disrespekvol wees veral teenoor almal wat mense aan geweld hier afgestaan het nie, maar op die ou einde kom dit vir my neer op die volgend...Wat's meer belangrik? Om te oorleef - of om te lewe?

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hennie,

It was great talking to you the other day. I was very surprised that my letter had made it this far!!

In looking at it again I think it is a good letter. I see in one of the comments that my arrogant American ways seem to be present in my thoughts. But, I know that I have to speak in a manner which resonates with the perceptions and world view of the people I am sending the letter to. That is all. That is very important, however. American influence and military might is still enormous and awesome. We have to keep that in mind.

At this current juncture, with every non response from the JHB municipality I am motivated to write more. I have a letter in the works to the Law Association of South Africa. The final thought will be that there has to be a legal move brought against the council with regards to administrative incompetence. This is vital.

We wait to see what our next account will look like and when, if ever, our query is finally dealt with.

Ronel and I will look at your site and she will help me go through the blog regarding my letter. I can read most of it but some of the language is difficult for me.We will keep in touch.

Again, Thanks for contacting me. I now know, other South Africans who deeply loves this country.

Kindly,

Brian.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

In reaksie op die brief wat deur die Amerikaner Brian Smith geskryf:

Ek is i gebore Suid Afrikaner en weet dat daar gaan defnitief

Iets baie ergs gaan gebeur in ons tyd!

Die gevoel is ook op almal se harte en ons wag almal in spanning op dit wat ons

Vader in ons pad gesit het, dit waaroor ons MOET kom, soos al die ander blanke gemeenskappe

Voor ons.

Ek dink baie dat ons (blanke gemeenskappe) vergeet dat die swartmense ons haat, want ons word gevoer

Dat ons hulle haat…WAAROM sal ons hulle haat???? Ons het dan alles, ALLES!!! Die velkleur, die hare, die oe kleur

Die brien, ag noem dit en ons het dit so WAAROM sal ons hulle HAAT?????

Sit nou jouself in ‘n swart man of vrou se voete…sou jy nie ok die blanke manvrou gehaat het nie???

Die antwoord mag dalk nee wees, maar dis omdat ons as blankes nie, volgens Bybel ,gemaak is om te haat

Nie, alhoewel die ander volke wil voorgee dat ons hier in die Suidpunt van Afrika wel HAAT!

Die problem is net met ons Blanke volk:

Ons liefde begin by ons huis, ons sal eers oor ons eie kudde worry voor ons oor ander worry, nou maak dit ons rasisties!!!!

Kyk na ‘n voorbeeld op Carte Blanche:

Die blankes wat gaan woon het in Australia: hulle drom almal saam word daar gekla!!!! Maar wie anders gaan ons penarie

Verstaan beter as ons eie mense nie!!! Gaan dit help ons praat met ander…nee want dan word ons uitgejou as rasisties.

So kan hulle ons vekwalik dat ons net met mekaar oor sekere sake kan gesels?

Ek het I swartman wat saam my besigheid doen, hy lag altyd oor ek Engels praat as ons besigheid doen…hy se geen ander

Ras sal sy taal los en in ‘n ander praat, behalwe ons Afrikaners.

Ons Afrikaners word al gespot mee en gelag oor!!!

Ag ek het nou gesit en my hart so bietjie leeg gemaak toe ek sien dis ‘n Afrikaanse mail adres!

Hoop die person wat die mail ontvang verstaan en oordeel my nie.

Mooi dag en alles van die beste


Sarie

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Sarie,en almal wat deelneem:

Ons het hierdie gesprek NIE begin om mekaar te veroordeel nie. Ons poog hiermee om uit wedersydse standpunte, begrip, ondersteuning, manmoedigheid, hoop, en dalk 'n eensgesinde gevoel vir mekaar en die saak te probeer aanwakker.

Ons WAARDEER elkeen se bydrae op hierdie FORUM, foutloos of te nie!
Gaan dus asb. gerus voort, en skryf 'n ieder en elk, wat op JOU hart, hieroor lê!

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hennie en Retha et al,
Ja, ek en my gesin is nou reeds twaalf jaar in Anderkantland, in die VSA, gaan nog gereeld terug om die familie te besoek (gemiddeld elke 18 maande).

Ek het oor die jare die vooruitgang en agteruitgang van ons duskantland gesien en dit breek my hart. My Ma, broer, suster en skoonsus met hulle gesinne is nog almal in duskantland en ons kry gereeld nuus. Soos baie mense reageer, daar is nie maklik kans om uit te kom nie.

Ek wil tog net 'n paar feite noem wat nie altyd bekend is nie;
1. Al is jy in anderkantland bly jy uit Afrika en Suid Afrika is jou geboorteland. Niks kan dit verander nie. Toe ek my "pledge of allegiance" afgelê het hier in die VSA het ek my vingers gekruis en stilgebly toe ons by die stukkie kom wat jy enige ander land afsweer..
2. Dat ons die regte besluit geneem het ter wille van ons 4 kinders is absoluut, hulle is almal in baie goeie poste en getroud met lokale mense NET SOOS ONS MENSE OP ELLISRAS waar ek grootgeword het en nog gereeld kom.
3. Amerika is 'n fantastiese land, maar die algemene mens het geen idee wat hulle regering aan ons pragtige land gedoen het nie. As ek daaroor praat is hulle stom van verbasing.
4. Hier is die nuus van die dag as 'n inbreker nie binne 24 uur agter tralies sit nie. Hulle kan nie eers hulleself indink wat gaan in Suid Afrika aan nie.
5. Die media het met die wereldbeker so 'n goeie beeld uitgedra dat daar GEEN hoop is dat enigiemand simpatie sal hê met wat aangaan nie.

Ek glo die enigste oplossing lê daarin dat die ware toedrag van sake in SA aan die groot klok gehang moet word, hoe weet ek sowaar nie.

Ek sê mar net .....

Piet Kruger, NC, VSA

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Retha.

Ons moet aanvaar ons land is in n wintertoestand. Oral slaan vure uit wat alles wil verteer wat opgebou is. Ons kan dit los en se: “Ek het jou mos gesê dit gaan gebeur.” Ons sal die vuur egter moet doodslaan.

Een man alleen sal dit nie regkry nie.

Ons sal moet as spanne saam slaan. Dit help nie om die vuur aan te blaas nie.

Ons moet ons stem laat geld by die stembus, by tussenverkiesings, organisasies en liggame.

Ons sal ons kundigheid en kennis moet beskikbaar stel en saam help bou aan hierdie land.

Ons gesindheid sal ook so moet verander dat ons ophou praat van ons en hulle.

Ons is almal saam op dieselfde boot en ons moet help roei en stuur. Anders sink ons saam. Ons het nog genoeg geloof, geld en kennis.

Slaat dood al die vure. Die somer gaan kom. n Mens sien hier en daar al die lente tekens. Ons sal ook nog die winde kry maar die reën sal val. Egter volgens God se tyd.

Nardus.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

People do not learn from mistakes. Not even their own ones. They pay for them.

The advantage of being an armchair critic is that you do not even have to pay for your mistakes. Take the one Brian admits to o.b.o. the American community. They can simply up and leave, they can also stop rendering aid. Those on the receiving end can and will pay the price.

Not that the South African community are blameless. We are paying the price because we allowed ourselves to be sucked into the vortex of materialism. When we were confronted with the alleged results of a "no" poll at the referendum, i.e. loss of jobs, loss of economic stability, loss of possessions, we (almost) all voted a resounding "yes" to what we now have: loss of everything that we wanted to protect and then some.

The wonder of it all is that God, who allowed us the freedom of choice to make the first mistake, is more interested in our character than in our comfort.

There is no doubt that the present situation in South Africa can and will build strong character among its people.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hi Brian thank you for giving me and i can say us a reason to think and speak our minds which is something that we always do but only amongst our friends or colleages but that is how it is
The problem is just some words that were removed from our Dictionaries and am thinking of that one word DISCIPLINE that is where we sarted going wrong at hmes at schols where the schoolchldren can do whatever they want and a lot of them are doing that and then the word that cost(at his time)Demcocracy that is ruining ou country with all the corrption and that seems to be a new pastime and when caught out the taxpayer must pay for the legal costs while the culprit is suspended with full salary and all the benefits and when found guilty he /she appeals the verdict and the cost just keeps rising .
What we have3 to do is go and fight this so-called democracy with FAITH and do what our Forefathers did spend more time on our knees and Pray. There is a new
"movement" that we must stop whatever we are doing at 21h00 everynight and just pray for Salvation for our Beloved Country South Africa

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Comments on ACCSA letter

G’day
A South African friend forwarded me the link to your ever growing tome. I printed it out and read it last night (slowly because the “taal” is a bit rusty).

As I read it, I found myself consumed by a mixture of heartache, anger and bewilderment and so, despite having probably forfeited the right of comment by taking the “chicken run” two decades ago, I felt compelled to add my tuppeny ha’penny’s worth.

Firstly, this is not just an Afrikaner thing. I suppose that one of the naivest surprises for me, coming to the other side of the world from apartheid South Africa, was to find expats of all hues and persuasions who had emigrated for the precise same reasons as me. No matter how great their love for the land of their birth, the future of their children had to take precedence. If we are to learn anything from this time, it is to seek out those who share our beliefs, no matter where they are to be found.

Secondly, what has happened to the spirit of the people? My history tells me of a doggedly determined people at the tip of Africa (and let us include all of the roots that go to make up the South African gene pool).

While there were pockets of “bitter enders” still fighting the immorality of the Boer War even when I left, those who were pragmatic quickly learned to play by the rules of the conqueror. They learned to speak better English that the English. They took the jobs that nobody else wanted in the Civil Service, did them well, got promoted and then employed more of their brethren. They became the teachers and thereby influenced the young. They built the churches and made them central to daily life. They systematically worked to win their country back using the new rules. It didn’t happen overnight.

I am waiting to see that new spirit arise. I do not know what the new rules are, but I have faith in the fine men and women who have stayed behind and I know that they will eventually crack the system. With courage and faith they will eventually prevail. Right now however, I read of division and despair. Eendrag maak mag.

Regards from New Zealand

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hallo kammalanders

Wil net se die dag toe ons in die wereld gebring was, het niemand gese kind jy sal net maanskyn en rose op aarde he nie. Teenspoed sal ons kry maak nie saak waar nie. My beskeie mening is ja kom ons doen iets aan die saak, maar as julle mooi kyk die meeste sterftes in ons land is swart. Vat al die Taxi ongelukke nou onlangs in die nuus. Net voor ons eerste demokratiese verkiesing was dit die een swart party teen die ander. Ek het daai tyd op die metro treine gewerk en gesien hoe die mense langs die spoorlyne le soos hulle uit die treine gegooi word. Ek praat nou van die soweto trein lyn. Jy kon hoor hoe hulle oor en weer op mekaar skiet. Nee wat mense oorals in die wereld is daar maar misdaad. Kyk hoe moes ons anderkant landers in orkane en tornados sterf. al verskil is dit is natuur rampe. Ja iets moet gedoen word, maar wat doen ons blankes. ons worry net oor ons self en staan nie saam nie. hoe dink julle het die anc aan bewind gekom? hulle het saam gestaan. dis al van my kant af

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

lol