KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
View Entire Thread
Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Ek, as Afrikaner, stem saam met dit wat almal hierbo skryf - wat seker snaaks klink, synde van die reaksies amper reelreguit teen die ander is.

Die werklikheid is dat dit net 2 kante van dieselfde muntstuk is.....

Ek was vir 7 jaar in die Midde Ooste, waar ek kans gehad het om te sien en ervaar hoe dinge vir ander kulture en lande ontvou....

Ons is beslis als behalwe uniek......ek bedoel nou in die sin dat alle volke probleme het - die verskil is altyd in hoe dit opgelos word. Nie dat ek eers dit waag om te dink ek het 'n oplossing vir die gemors waarin ons ons tans bevind nie!

Ek's nou al 18 maande terug in die RSA (en steeds werkloos, moet ek byvoeg!) en iets wat vir my steeds opvalled is, is die algemene negatiewiteit waarmee Afrikaners daagliks saamlewe.

Synde ek vir so lank net vir kort rukkies SA toe gekom het om kontak te behou met famielie, ens is dit dalk vir my meer opvallend as vir die ouens wat nog die hele tyd hier is. Ek dink almal is so vasgevang in hul daaglikse lewe, dat ons nie werklik meer ons koppe oplig en probeer om verder vooruit te kyk nie.....

Bv. jy kan nie dadelik jou hand op jou selfoon sit nie. Die algemene, onmiddelike reaksie is dat dit gesteel is en jy's dadelik smoorkwaad! Die gedagte dat jy dit dalk in jou kamer of in die kar vergeet het kom eers heelwat later by jou op......

Dis nie dat ek enigsins die situasie wil probeer vereenvoudig nie - maar ons is so geneig om saam te praat en te kla oor die situasie....en tog is dit amper asof die meerderheids gevoel dan is dat iemand anders dit tog asb. moet kom uitsorteer, want wat kan ek as individu dan maak om die saak te verander?

En ja, ek besef as Afrikaner is dit baie moeilik om regtig voouruit te gaan in die nuwe Suid Afrika! Maar ai tog - wat doen ons om dit te verander?

'n Boer maak 'n plan.......Dis tog 'n gesegde wat ons almal gebruik en ons is almal gesteld op ons herkoms - of jou famielie deel was van die Groot Trek of eers later die noorde betrek het, maak nie nou meer saak nie.

Onthou die verlede, maar maak jou eie toekoms. As ons as Afrikaner volk nie gaan saamstaan (Duskant en Anderkant albei), en dalk baie moeilike tye in die gesig staar nie, dan kan ons nie kla as die nageslag in 'n heel ander kultuur groot word nie.

Die laaste keer wat die Boervolk saamgestaan het was tydens die Boere oorlog in die begin van die 1900's - selfs met die Angola oorrlog was almal nie 100% almal agter die besluit nie!

Wat gaan dit vat om weer almal saam te staan? Wanneer gaan ons as Afrikaners saamstem en opstaan onder 1 vaandle en nie dwarstrek onder mekaar nie? Dit gaan moet wees ten spyte van verskille in ideale, idees en persoonlike verskille.......is ons instaat daartoe? Sonder dat ons hardkoppigheid en pure asprisgeit ‘n rol speel? Ek wonder of ons al ver genoeg in 'n hoek gedruk is om dit moontlik te maak?

En glo my, na my ervaring oorsee (en ja, ek was vrou alleen daar, sonder enige famielie of ondersteuning en dit was moeilik!), sou ek more teruggaan as ek al my famielie kan optel en saamvat. Maar, soos meeste ouens wat trek, is dit nie moontlik om almal saam te vat nie en sal jy altyd ‘n persoonlike verbintenis met SA he.......dit is tog op stuk van sake jou geboorteland en ek dink altyd “’n kind van Afrika bly ‘n kind van Afrika – al plant jy hom ookal waar!”.

Ek wil ook glad nie disrespekvol wees veral teenoor almal wat mense aan geweld hier afgestaan het nie, maar op die ou einde kom dit vir my neer op die volgend...Wat's meer belangrik? Om te oorleef - of om te lewe?

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hennie,

It was great talking to you the other day. I was very surprised that my letter had made it this far!!

In looking at it again I think it is a good letter. I see in one of the comments that my arrogant American ways seem to be present in my thoughts. But, I know that I have to speak in a manner which resonates with the perceptions and world view of the people I am sending the letter to. That is all. That is very important, however. American influence and military might is still enormous and awesome. We have to keep that in mind.

At this current juncture, with every non response from the JHB municipality I am motivated to write more. I have a letter in the works to the Law Association of South Africa. The final thought will be that there has to be a legal move brought against the council with regards to administrative incompetence. This is vital.

We wait to see what our next account will look like and when, if ever, our query is finally dealt with.

Ronel and I will look at your site and she will help me go through the blog regarding my letter. I can read most of it but some of the language is difficult for me.We will keep in touch.

Again, Thanks for contacting me. I now know, other South Africans who deeply loves this country.

Kindly,

Brian.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

In reaksie op die brief wat deur die Amerikaner Brian Smith geskryf:

Ek is i gebore Suid Afrikaner en weet dat daar gaan defnitief

Iets baie ergs gaan gebeur in ons tyd!

Die gevoel is ook op almal se harte en ons wag almal in spanning op dit wat ons

Vader in ons pad gesit het, dit waaroor ons MOET kom, soos al die ander blanke gemeenskappe

Voor ons.

Ek dink baie dat ons (blanke gemeenskappe) vergeet dat die swartmense ons haat, want ons word gevoer

Dat ons hulle haat…WAAROM sal ons hulle haat???? Ons het dan alles, ALLES!!! Die velkleur, die hare, die oe kleur

Die brien, ag noem dit en ons het dit so WAAROM sal ons hulle HAAT?????

Sit nou jouself in ‘n swart man of vrou se voete…sou jy nie ok die blanke manvrou gehaat het nie???

Die antwoord mag dalk nee wees, maar dis omdat ons as blankes nie, volgens Bybel ,gemaak is om te haat

Nie, alhoewel die ander volke wil voorgee dat ons hier in die Suidpunt van Afrika wel HAAT!

Die problem is net met ons Blanke volk:

Ons liefde begin by ons huis, ons sal eers oor ons eie kudde worry voor ons oor ander worry, nou maak dit ons rasisties!!!!

Kyk na ‘n voorbeeld op Carte Blanche:

Die blankes wat gaan woon het in Australia: hulle drom almal saam word daar gekla!!!! Maar wie anders gaan ons penarie

Verstaan beter as ons eie mense nie!!! Gaan dit help ons praat met ander…nee want dan word ons uitgejou as rasisties.

So kan hulle ons vekwalik dat ons net met mekaar oor sekere sake kan gesels?

Ek het I swartman wat saam my besigheid doen, hy lag altyd oor ek Engels praat as ons besigheid doen…hy se geen ander

Ras sal sy taal los en in ‘n ander praat, behalwe ons Afrikaners.

Ons Afrikaners word al gespot mee en gelag oor!!!

Ag ek het nou gesit en my hart so bietjie leeg gemaak toe ek sien dis ‘n Afrikaanse mail adres!

Hoop die person wat die mail ontvang verstaan en oordeel my nie.

Mooi dag en alles van die beste


Sarie

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Sarie,en almal wat deelneem:

Ons het hierdie gesprek NIE begin om mekaar te veroordeel nie. Ons poog hiermee om uit wedersydse standpunte, begrip, ondersteuning, manmoedigheid, hoop, en dalk 'n eensgesinde gevoel vir mekaar en die saak te probeer aanwakker.

Ons WAARDEER elkeen se bydrae op hierdie FORUM, foutloos of te nie!
Gaan dus asb. gerus voort, en skryf 'n ieder en elk, wat op JOU hart, hieroor lê!

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hennie en Retha et al,
Ja, ek en my gesin is nou reeds twaalf jaar in Anderkantland, in die VSA, gaan nog gereeld terug om die familie te besoek (gemiddeld elke 18 maande).

Ek het oor die jare die vooruitgang en agteruitgang van ons duskantland gesien en dit breek my hart. My Ma, broer, suster en skoonsus met hulle gesinne is nog almal in duskantland en ons kry gereeld nuus. Soos baie mense reageer, daar is nie maklik kans om uit te kom nie.

Ek wil tog net 'n paar feite noem wat nie altyd bekend is nie;
1. Al is jy in anderkantland bly jy uit Afrika en Suid Afrika is jou geboorteland. Niks kan dit verander nie. Toe ek my "pledge of allegiance" afgelê het hier in die VSA het ek my vingers gekruis en stilgebly toe ons by die stukkie kom wat jy enige ander land afsweer..
2. Dat ons die regte besluit geneem het ter wille van ons 4 kinders is absoluut, hulle is almal in baie goeie poste en getroud met lokale mense NET SOOS ONS MENSE OP ELLISRAS waar ek grootgeword het en nog gereeld kom.
3. Amerika is 'n fantastiese land, maar die algemene mens het geen idee wat hulle regering aan ons pragtige land gedoen het nie. As ek daaroor praat is hulle stom van verbasing.
4. Hier is die nuus van die dag as 'n inbreker nie binne 24 uur agter tralies sit nie. Hulle kan nie eers hulleself indink wat gaan in Suid Afrika aan nie.
5. Die media het met die wereldbeker so 'n goeie beeld uitgedra dat daar GEEN hoop is dat enigiemand simpatie sal hê met wat aangaan nie.

Ek glo die enigste oplossing lê daarin dat die ware toedrag van sake in SA aan die groot klok gehang moet word, hoe weet ek sowaar nie.

Ek sê mar net .....

Piet Kruger, NC, VSA

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Retha.

Ons moet aanvaar ons land is in n wintertoestand. Oral slaan vure uit wat alles wil verteer wat opgebou is. Ons kan dit los en se: “Ek het jou mos gesê dit gaan gebeur.” Ons sal die vuur egter moet doodslaan.

Een man alleen sal dit nie regkry nie.

Ons sal moet as spanne saam slaan. Dit help nie om die vuur aan te blaas nie.

Ons moet ons stem laat geld by die stembus, by tussenverkiesings, organisasies en liggame.

Ons sal ons kundigheid en kennis moet beskikbaar stel en saam help bou aan hierdie land.

Ons gesindheid sal ook so moet verander dat ons ophou praat van ons en hulle.

Ons is almal saam op dieselfde boot en ons moet help roei en stuur. Anders sink ons saam. Ons het nog genoeg geloof, geld en kennis.

Slaat dood al die vure. Die somer gaan kom. n Mens sien hier en daar al die lente tekens. Ons sal ook nog die winde kry maar die reën sal val. Egter volgens God se tyd.

Nardus.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

People do not learn from mistakes. Not even their own ones. They pay for them.

The advantage of being an armchair critic is that you do not even have to pay for your mistakes. Take the one Brian admits to o.b.o. the American community. They can simply up and leave, they can also stop rendering aid. Those on the receiving end can and will pay the price.

Not that the South African community are blameless. We are paying the price because we allowed ourselves to be sucked into the vortex of materialism. When we were confronted with the alleged results of a "no" poll at the referendum, i.e. loss of jobs, loss of economic stability, loss of possessions, we (almost) all voted a resounding "yes" to what we now have: loss of everything that we wanted to protect and then some.

The wonder of it all is that God, who allowed us the freedom of choice to make the first mistake, is more interested in our character than in our comfort.

There is no doubt that the present situation in South Africa can and will build strong character among its people.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hi Brian thank you for giving me and i can say us a reason to think and speak our minds which is something that we always do but only amongst our friends or colleages but that is how it is
The problem is just some words that were removed from our Dictionaries and am thinking of that one word DISCIPLINE that is where we sarted going wrong at hmes at schols where the schoolchldren can do whatever they want and a lot of them are doing that and then the word that cost(at his time)Demcocracy that is ruining ou country with all the corrption and that seems to be a new pastime and when caught out the taxpayer must pay for the legal costs while the culprit is suspended with full salary and all the benefits and when found guilty he /she appeals the verdict and the cost just keeps rising .
What we have3 to do is go and fight this so-called democracy with FAITH and do what our Forefathers did spend more time on our knees and Pray. There is a new
"movement" that we must stop whatever we are doing at 21h00 everynight and just pray for Salvation for our Beloved Country South Africa

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Comments on ACCSA letter

G’day
A South African friend forwarded me the link to your ever growing tome. I printed it out and read it last night (slowly because the “taal” is a bit rusty).

As I read it, I found myself consumed by a mixture of heartache, anger and bewilderment and so, despite having probably forfeited the right of comment by taking the “chicken run” two decades ago, I felt compelled to add my tuppeny ha’penny’s worth.

Firstly, this is not just an Afrikaner thing. I suppose that one of the naivest surprises for me, coming to the other side of the world from apartheid South Africa, was to find expats of all hues and persuasions who had emigrated for the precise same reasons as me. No matter how great their love for the land of their birth, the future of their children had to take precedence. If we are to learn anything from this time, it is to seek out those who share our beliefs, no matter where they are to be found.

Secondly, what has happened to the spirit of the people? My history tells me of a doggedly determined people at the tip of Africa (and let us include all of the roots that go to make up the South African gene pool).

While there were pockets of “bitter enders” still fighting the immorality of the Boer War even when I left, those who were pragmatic quickly learned to play by the rules of the conqueror. They learned to speak better English that the English. They took the jobs that nobody else wanted in the Civil Service, did them well, got promoted and then employed more of their brethren. They became the teachers and thereby influenced the young. They built the churches and made them central to daily life. They systematically worked to win their country back using the new rules. It didn’t happen overnight.

I am waiting to see that new spirit arise. I do not know what the new rules are, but I have faith in the fine men and women who have stayed behind and I know that they will eventually crack the system. With courage and faith they will eventually prevail. Right now however, I read of division and despair. Eendrag maak mag.

Regards from New Zealand

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hallo kammalanders

Wil net se die dag toe ons in die wereld gebring was, het niemand gese kind jy sal net maanskyn en rose op aarde he nie. Teenspoed sal ons kry maak nie saak waar nie. My beskeie mening is ja kom ons doen iets aan die saak, maar as julle mooi kyk die meeste sterftes in ons land is swart. Vat al die Taxi ongelukke nou onlangs in die nuus. Net voor ons eerste demokratiese verkiesing was dit die een swart party teen die ander. Ek het daai tyd op die metro treine gewerk en gesien hoe die mense langs die spoorlyne le soos hulle uit die treine gegooi word. Ek praat nou van die soweto trein lyn. Jy kon hoor hoe hulle oor en weer op mekaar skiet. Nee wat mense oorals in die wereld is daar maar misdaad. Kyk hoe moes ons anderkant landers in orkane en tornados sterf. al verskil is dit is natuur rampe. Ja iets moet gedoen word, maar wat doen ons blankes. ons worry net oor ons self en staan nie saam nie. hoe dink julle het die anc aan bewind gekom? hulle het saam gestaan. dis al van my kant af

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

lol