KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
View Entire Thread
Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hennie en Retha et al,
Ja, ek en my gesin is nou reeds twaalf jaar in Anderkantland, in die VSA, gaan nog gereeld terug om die familie te besoek (gemiddeld elke 18 maande).

Ek het oor die jare die vooruitgang en agteruitgang van ons duskantland gesien en dit breek my hart. My Ma, broer, suster en skoonsus met hulle gesinne is nog almal in duskantland en ons kry gereeld nuus. Soos baie mense reageer, daar is nie maklik kans om uit te kom nie.

Ek wil tog net 'n paar feite noem wat nie altyd bekend is nie;
1. Al is jy in anderkantland bly jy uit Afrika en Suid Afrika is jou geboorteland. Niks kan dit verander nie. Toe ek my "pledge of allegiance" afgelê het hier in die VSA het ek my vingers gekruis en stilgebly toe ons by die stukkie kom wat jy enige ander land afsweer..
2. Dat ons die regte besluit geneem het ter wille van ons 4 kinders is absoluut, hulle is almal in baie goeie poste en getroud met lokale mense NET SOOS ONS MENSE OP ELLISRAS waar ek grootgeword het en nog gereeld kom.
3. Amerika is 'n fantastiese land, maar die algemene mens het geen idee wat hulle regering aan ons pragtige land gedoen het nie. As ek daaroor praat is hulle stom van verbasing.
4. Hier is die nuus van die dag as 'n inbreker nie binne 24 uur agter tralies sit nie. Hulle kan nie eers hulleself indink wat gaan in Suid Afrika aan nie.
5. Die media het met die wereldbeker so 'n goeie beeld uitgedra dat daar GEEN hoop is dat enigiemand simpatie sal hê met wat aangaan nie.

Ek glo die enigste oplossing lê daarin dat die ware toedrag van sake in SA aan die groot klok gehang moet word, hoe weet ek sowaar nie.

Ek sê mar net .....

Piet Kruger, NC, VSA

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Retha.

Ons moet aanvaar ons land is in n wintertoestand. Oral slaan vure uit wat alles wil verteer wat opgebou is. Ons kan dit los en se: “Ek het jou mos gesê dit gaan gebeur.” Ons sal die vuur egter moet doodslaan.

Een man alleen sal dit nie regkry nie.

Ons sal moet as spanne saam slaan. Dit help nie om die vuur aan te blaas nie.

Ons moet ons stem laat geld by die stembus, by tussenverkiesings, organisasies en liggame.

Ons sal ons kundigheid en kennis moet beskikbaar stel en saam help bou aan hierdie land.

Ons gesindheid sal ook so moet verander dat ons ophou praat van ons en hulle.

Ons is almal saam op dieselfde boot en ons moet help roei en stuur. Anders sink ons saam. Ons het nog genoeg geloof, geld en kennis.

Slaat dood al die vure. Die somer gaan kom. n Mens sien hier en daar al die lente tekens. Ons sal ook nog die winde kry maar die reën sal val. Egter volgens God se tyd.

Nardus.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

People do not learn from mistakes. Not even their own ones. They pay for them.

The advantage of being an armchair critic is that you do not even have to pay for your mistakes. Take the one Brian admits to o.b.o. the American community. They can simply up and leave, they can also stop rendering aid. Those on the receiving end can and will pay the price.

Not that the South African community are blameless. We are paying the price because we allowed ourselves to be sucked into the vortex of materialism. When we were confronted with the alleged results of a "no" poll at the referendum, i.e. loss of jobs, loss of economic stability, loss of possessions, we (almost) all voted a resounding "yes" to what we now have: loss of everything that we wanted to protect and then some.

The wonder of it all is that God, who allowed us the freedom of choice to make the first mistake, is more interested in our character than in our comfort.

There is no doubt that the present situation in South Africa can and will build strong character among its people.

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

Hallo kammalanders

Wil net se die dag toe ons in die wereld gebring was, het niemand gese kind jy sal net maanskyn en rose op aarde he nie. Teenspoed sal ons kry maak nie saak waar nie. My beskeie mening is ja kom ons doen iets aan die saak, maar as julle mooi kyk die meeste sterftes in ons land is swart. Vat al die Taxi ongelukke nou onlangs in die nuus. Net voor ons eerste demokratiese verkiesing was dit die een swart party teen die ander. Ek het daai tyd op die metro treine gewerk en gesien hoe die mense langs die spoorlyne le soos hulle uit die treine gegooi word. Ek praat nou van die soweto trein lyn. Jy kon hoor hoe hulle oor en weer op mekaar skiet. Nee wat mense oorals in die wereld is daar maar misdaad. Kyk hoe moes ons anderkant landers in orkane en tornados sterf. al verskil is dit is natuur rampe. Ja iets moet gedoen word, maar wat doen ons blankes. ons worry net oor ons self en staan nie saam nie. hoe dink julle het die anc aan bewind gekom? hulle het saam gestaan. dis al van my kant af

Re: RELEVANTE ONDERWERP OOP VIR BESPREKING

lol