KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
Kommentaar op Amerikaner se skrywe

Hennie
Baie dankie dat jy hierdie artikel gepubliseer het. Bitter min mense verstaan wat is besig om wereldwyd en in SA te gebeur en ek hoop menses al na my verduideliking ‘n beter begrip he van wat besig is om te gebeur in Suid Afrika.
Die wortel van die kwaad in SA het sy oorsprong by James Cone die argitek van ‘n Marxistiese Kommunisties Swart Bevrydings Teologie in die 70s (Gaan google hom gerus en besoek ook die terminologie wat ek in hierdie verduideliking gebruik om te sien waar die oorsprong is). Die kommuniste in die geskiedenis het altyd die unies gebruik om hulle vuilwerk te doen (stakings, werksonrus, wanorde, ineenstorting, kommuniste neem oor) maar in Suid Amerika het hulle begin om die kerk te infiltreer en “godsdiens” te gebruik om hulle saak te bevorder. Hulle dissipels in SA was Desmond Tutu, Alan Boesak, Frank Chikane ens. ens. SA betaal vandag ‘n geweldige prys vir hulle kommunistiesties slagspreek, “Liberation before Education.” Hulle het veroorsaak dat miljoene jongmense wat die “struggle gefight” het vir hulle leiers, vandag nie ‘n opvoeding het nie, terwyl hulle leiers almal ‘n klomp “fat cats” is.
‘n Mens kan alleenlik verstaan hoe hierdie mense se gedagtes werk ( hulle idée van grondonteiening (Malema), posisies in maatskappye wat hulle het en wil he, maar nie in staat is om te doen nie) as jy besef watter invloed die Marxistiese Kommunisties Swart Bevrydings Teologie op hierdie mense se gedagtes gehad het. Hierdie teologie propageer ‘n “Collective Salavation” , (‘n Gesamentlike Redding of Verlossing). Hulle glo dat Jesus Christus was ‘n “victim” van die Jode en dat hulle soos Jesus, die “victims” is van die witmense wat hulle voorgeslagte se grond en bittings afgevat het en die enigste manier waarop witmense gered kan word, is wanneer hulle die “victims” word en dit kan slegs gebeur as hulle hulle werke bedank en dit vir swartes gee en hulle huise verkoop en die geld vir die armes gee. (Hierdie klink baie simplisties maar dit is die heilge waarheid. Gaan google of Youtube gerus hoor mense soos rev. Wright, Obama se predikant en mentor in Amerika ens. se) Hierdie filosofie is vasgele in die Limbiese Stelsel (rou emosies begin hier en indrukke word hier vasgele) van die brein deur indoktrinasie en omdat die “prefrontal Cortex” (die verkeerslig of gewetegedeelte van die brein), nog nie volkome ontwikkel is nie, kan hulle nie onderskei tussen propaganda en waarheid nie. Die enigste manier om met hierdie mense te kommunikeer of om hulle te bereik, is om iets te vind waarmee jy met hulle ‘n “konneksie” kan maak. Dit is waarom Malema so suksesvol is. Hierdie idiologie is vasgele in hulle Limbiese Stelsel. Hulle word genoem die “Disconnected Generation” en as ek julle raad mag gee, gee hiedie inligting aan julle owerhede want aan die einde van die dag, gaan hulle die “victims” word, want hierdie mense gaan nie stop nie.
Kommunisme was nog nooit so ryp en vatbaar in die moderne geskiedenis soos juis nou nie. Agter die skerms sit die kommunste met hulle planne en hulle gebruik studente, vakbondes, onderwysers , werkloses ens. om hulle vuilwerk te doen. Daar is ‘n netwerk van vakbonde dwarsoor die wereld wat die saak vir kommunisme te bevorder. Waarom dink julle het Julius Malema so ‘n ruk gelede Venezuella met ‘n kommunistiese dictator as staatshoof besoek. Waarom dink julle praat hy gedurig van grond en mynonteiening. Ek is seker hulle gebruik terminologie in SA soos, “Global governance, social justice, distribution of wealth, transformation, democracy en collective salvation. Gaan google gerus hierdie terminologie en sien hulle oorsprong..
Oral waar godsdiens en politiek vermeng word in die wereld is daar chaos vandag. Suid Afrika het egter iets wat bitter min ander lande het (slegs Amerika), hulle het ‘n kern en magdom van Christene wie se bestaan en toekoms gegrond is op die Woord van die Lewende God en onder die bloed van onse Here Jesus Christus en dit maak my baie opgewonde oor Suid Afrika want dit maak die Suid Afrikaners die magtigste volk in die wereld. God haat lafhartigheig of negatiwiteit. Wees positief. Vasbyt my mede Suid Afrikaners. Keer terug na God. Hy sal nooit Sy rug op Sy kinders draai nie. Die sleutel tot geestelike volvawassenheid le in nederigheid. Dit is ‘n belofte. Ek sal my lewe gee vir hierdie waarheid. My begeerte is dat die Here my eendag terugroep na Suid Afrika. In Jesus Christus het julle ‘n geweldige toekoms.
Baie groete
Van die anderkant van die wereld, NZ
Tobie Botha