KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
RESEPTE en NAVRAE

Hoe sal jul dit geniet om hier 'n "discussion" te hê oor resepte en rate soos op die ou Facebook bladsye?? Of gaan dit te omslagtig wees? As mens eers hierdie adres versprei kan almal mos makliker hier begin klets? Wat dink julle?

Re: RESEPTE en NAVRAE

bv. ek kook vanaand net eiers vir aandete! hoe kook mens eiers perfek?
kliek op reply en post jou antwoord, al wat sleg is is dat mens telkens die veiligheids kodes moet intik maar dis vir sekuriteit so kom ons doen dit maar?

Re: RESEPTE en NAVRAE

Ek sal daarna moet kyk, dink dit gaan baie omslagtig wees, maar is dalk 'n baie goeie idee.

Re: RESEPTE en NAVRAE

Om perfekte eiers te kook, sit die eiers in koue water op, laat kook, sodra die water begin kook stel die tyd op 4-5 minute en spoel dan dadelik af in koue water. Om dit af te dop,maak 'n gaatjie in die dop en gebruik 'n nat teelepel om die eier maklik af te dop!
Voila!! So maak mens!

Re: RESEPTE en NAVRAE

sodra almal weet hoe om dit te doen sal hul kan begin kuier dink ek

Re: RESEPTE en NAVRAE

sal ek 'n resep hiernatoe kan copy en paste?

Re: RESEPTE en NAVRAE

ja jy kan probeer!

Re: RESEPTE en NAVRAE

Wat eet ons nou weer vannaand?
‎(Madelein) Gemarineerde Hoender vir vanaand se braaivleisvuurtjie ;) 100ml Asyn, 100ml Olie, 12,5ml Worcestersous, 1 Ui fyn gekap, 1 Knoffelhuisie fyn gekap, 5ml Paprika, 12,5ml Fyn Appelkoos konfyt, 25ml Tamatiesous, 5ml Droe Mostert, Ongeveer 3kg Hoenderstukke. * Metode volg in comment*
4 hours ago via Mobile Web · Like ·
2 people like this.

Wat eet ons nou weer vannaand? Meng al die bestandele vir die sous saam. Steek paar gatjies in hoenderstukke met n mes en plaas hoenderstukke in sous vir so 3ure voor braaityd. Draai hoenderstukke gereeld om in sousie. Plaas op kole en braai tot gaar en lekker bruin. Verf sousie gereeld op hoender terwyl dit gebraai word. Enjoy ;)