KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
KOEKE

Rina Kleinhans
VRUGTEKELKIEKOEK
20ml strooisuiker, 2 eiers, 5ml koeksoda, 500ml bruismeel, 1 blikkie (410g) vrugtekelkie in stroop.
Verhit die oond tot 180 grade
Klits die strooisuiker, eiers en koeksoda saam tot room, voeg die res van die bestandele daarby en meng goed, gooi in pan en Bak vir 40 min. Laat staan rukkie en keer uit. ...Gooi stroop oor terwyl koek nog warm is.
Stroop: Kook 100ml suiker, 50ml room of ingedamte melk saam en gooi 5ml vanilla by. Kook goed deur en gooi oor warm koek. Strooi klapper bo-oor koek indien verkies
about 12 months ago · Report

Helena Kruger
Suurlemoenkoek van Nataniel
• 250 ml strooisuiker
• fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
• 60 ml botter, saggemaak
• 3 eiers
• 375 ml bruismeel
• 15 ml papawersaad
• 250 ml suurroom
• sap van 1 suurlemoen
Verhit oond tot 180˚C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.Helena♥
about 12 months ago · Report

Helena Kruger
Maklike sjokoladekoek
• 155 g koekmeel
• 200 g strooisuiker
• 40 g kakao
• 20 ml bakpoeier
• ¾ koppie olie
• ¾ koppie kookwater
• 5 eiers
• 10 ml vanieljegeursel
• 5 ml bakpoeier
• 6 eetlepels Nutella
• 100 g 70%-sjokolade
Verhit jou oond tot 180 ˚C. Sif die koekmeel, strooisuiker, kakao en die 20 ml bakpoeier saam. Voeg die olie en kookwater by en meng liggies. Skei die eiers en klits die eiergele en vanieljegeursel saam. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die eierwitte tot styf, voeg die 5 ml bakpoeier by en klits weer. Roer een derde van die geklitste eierwitte by die meelmengsel en vou die res liggies in. Bak in twee 20 cm gesmeerde panne of een groot ringpan. As twee panne gebruik word, bak vir 25 tot 30 minute, en vir ongeveer 45 minute as een groot pan gebruik word. Keer uit die panne en laat effens afkoel. Verhit die Nutella in die mikrogolf tot effens loperig en versier die sjokoladekoek daarmee. Smelt die 70%-sjokolade en smeer dit redelik dik op 'n gesmeerde stuk bakpapier. Laat dit hard word en breek in stukke. Versier die koek verder met die gebreekte sjokolade en sif dan 'n bietjie versiersuiker oor.Sarie kos Helena ♥
about 12 months ago · Report

Helena Kruger
BOTTER KOEK
125g Margarien
¾ koppie Suiker
2 Eiers
½ koppie Melk
1 teelepel Vanilla
1¾ koppie Meel
2 teelepels Bakpoeier
¼ teelepel Sout
Klits die botter met ‘n houtlepel, voeg suiker geleidelik by. Klits tot dit lig en romerig is. Voeg geursel by. Voeg die eiers een vir een by. Klop goed na elkeen. Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg dit om die beurt met melk by botter mengsel. Klop tot alles baie goed gemeng is. Bak in 2 laagkoek panne 25 tot 30 minute by 180ºC.Helena ♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
Sulindie Pretorius MILJOENERS KOEK
STROOP
200g (250ml) suiker
250ml water
Koekdeeg
140g (250ml ongesif afgemeet) koekmeelblom
30ml bakpoeier
knypie sout
250g botter of marg
100g (125ml) suiker
1 pak (200g) donker sjokolade
5 eiers
30ml brandewyn
Versiersel
1 pak heelneut sjokolade
30ml melk

Verhit die suiker en water saam tot kookpunt en roer totdat die suikerkorrels opgelos het. Laat die stroop heeltemal koud word en hou dit eenkant tot nodig. Smeer 'n tuitpan, 25cm in deursnee en 11 cm diep of bespuit met spray en cook. Voorverhit oond tot 180C. Sif die meel, bakpoeier en sout. Smelt botter, suiker en choco saam oor kookwater. Gooi die mengsel in 'n mengbak en klits die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Voeg die brandewyn en klits weer goed.
Vou die meelmengsel by die eiermengsel in, die deeg is slap. Gooi die deeg in pan en bak 40 tot 45min tot gaar.
Haal die koek uit die oond. Gooi dadelik die koue stroop stadig oor die warm koek. Laat die koek in die pan afkoel.
Smelt die neut choco en melk saam oor lae hitte, keer die koek versigtig op 'n opdienbord en gooi die choco mengsel bo-oor. Laat dit afkoel Kosmater♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger

ROOI FLUWEELKOEK
Koek
625 ml (2½ k) koekmeel
375 ml (1½ k) suiker
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) kakao
5 ml (1 t) sout
250 ml (1 k) karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur
375 ml (1½ k) olie
5 ml (1 t) witasyn
25 ml (5 t) rooi voedselkleursel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Roomkaasversiersel
1 houer (250 g) ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Koek
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak.2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak.3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.
Versiersel
1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig.2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.
29 January 2010 ♥

Lizelle Le Grange
Ek en my ma het een keer die koek gemaak, maar was dit nie 'n storie nie! Die eind resultate was die moeite werd, net jammer ek kon nie proe nie, ons het dit gebak vir iemand anders!
10 February 2010 ♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
CABBAGE CAKE
RENSIEse resep
Cabbage Cake
1 Kilogram White cabbage, very finely shredded , 25 Gram Butter, 1 Medium Onion, very finely chopped, 50 Gram Sultanas, Salt and pepper, 4 Medium Eating apples, peeled and quartered, 1 Tablespoon Fresh parsley finely chopped, 2 Hard-boiled eggs, shelled and quartered
Blanch the shredded cabbage for 2 minutes in boiling water, then drain and set aside. Melt the butter in a flameproof casserole dish and cook the onion gently until soft. Remove the onion, mix it with the cabbage and add the sultanas. Season to taste
Put the apples into the bottom of the casserole dish in which the onion was cooked; put the cabbage mixture on top and press down well. Cover closely with foil and then with the lid of the casserole and cook very gently on top of the cooker for 15 minutes.
Transfer the cabbage cake to the oven at 200 °C / 400 °F / Gas 6 for 40 minutes.
Turn out the cabbage cake on to a hot dish by running a knife round the sides of the casserole and turning it upside down. Sprinkle with parsley and arrange the eggs like a flower on the top .. Van een van ons Kosmaters
11 February 2010 ♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
Swartwoud koek.
500g plein sjokolade.( dit is om die kant en bo op te versier. Sit die sjokolade op waspapier in nplat pan en met n groente skiller skaaf lang krulle. Maak liggies toe en hou koud.
Koek. 1/2 kop plus 3 eetl meel, 5 eiers, 1/2 teel vanilla,3/4 k suiker,1/2 k kakao, 5/8 k gesmelte botter. Spuit 3 7 inch ...ronde koekpanne goed Oond 180oC Gas 4. Sit eiers, vanilla en suiker in groot mengbak en klits tot dik en fluffy. Sif die meel en oor die eiermengsel bietjie op n slag en vou liggies in. Gooi die gesmelte botter eetlepel op n slag in en roer liggies. Gooi in die panne en bak vir 12 tot 15 min. ( As jy net 2 panne gebruik bak bietjie langer) Laat vir 10 min af koel voor jy dit uitkeer. Laat koud word.
Stroop. Kook 1/2 k suiker met 1 kop water vir 5 min ( laat suiker oplos voor dit begin kook} Laat heeltemal afkoel en gooi 1/2 k Kirsch ( kersie liqueur) by.Druk gaarjies in koek en gooi stroop oor met lepel.
Vulsel; 3 3/4 geklopte room, 1/2 k versiersuiker, 410 g blik swart kersies gedreineer (behou die stroop en vul dit aan met water tot 1 koppie en gebruik dit om die stroop hierbo wat die liqueur in kry, te kook) vars kersies of maraschino kersies met steeltjies aan. Klop die room tot dit bietjie verdik en voeg die gesi...fte versiersuiker by tot dit styf is en punte vorm. Sit een van die koeklae op n aantreklike bord en smeer van die room dik op. Pak die kersies op, weer n laag koek, smeer weer room op nog n laag koek en smeer die hele koek toe met room. Druk krulle aan kante vas. Spuit koek bo op met room. Pak kersies 1/4 weg van rand in sirkel met nog krulle in middel. Rina Kosmater♥
23 April 2010 ♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
Helena Kruger
Griekse speserykoek
Die oorspronklike resep vir dié koek kom uit Take a vine-riped tomato deur Julie Biuso. Pas die resep en bolaag aan na gelang van wat in jou kombuiskaste is. Gebruik speserye waarvan jy hou en enige kleur suiker. Sit dit voor met 'n skeppie mascarpone of dik jogurt.
Beslag
225 g koekmeelblom
1 ml sout
2 ml gemengde speserye
5 ml kaneel
2 ml fyn gemmer
1 ml neutmuskaat
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
3 ekstra-groot eiers
250 g ligte bruinsuiker
150 g botter, gesmelt
250 ml dik Griekse jogurt of karringmelk
Bolaag
50 ml room of karringmelk
70 g botter, gesmelt
100 g bruinsuiker
50 g klapper
50 g pekanneute of gepelde amandels, gekap
Voorverhit oond tot 160 °C en smeer 'n koekpan van 230 mm met botter. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Sif die droë bestanddele saam en hou eenkant. Klits die eiers in 'n aparte bak en voeg die suiker bietjie vir bietjie by. Klits baie goed tot lig en dik. Klits die gesmelte botter en jogurt of karringmelk by. Voeg alles by die droë bestanddele en klits vir 1-2 minute tot glad. Giet in die voorbereide pan en bak vir 45 minute tot die koek ferm is en van die kante begin wegtrek. Haal uit dit oond en laat vir 10 minute afkoel. Keer uit op 'n afkoelrak. Verhit die oond se roosterelement tot baie warm. Meng die bestanddele vir die bo-laag saam en smeer oor die bokant van die koek. Sit onder die roosterelement tot borrelend en goudbruin. Laat afkoel. Landbou ..helena ♥ Het nog nie self gebak nie!!!Maar lyk baie lekker!!
28 April 2010 ♥
about 11 months ago · Report

Rina Kleinhans
Carol Elliott Claassen Roomkaas Wortelkoek

- 2 koppies koekmeelblom
- 2 koppies wit suiker
- 2 teelepels kaneel poeier
- 2 eetlepels bakpoeier
- 1/2 teelepel sout
- 1 teelepel "bicard of soda"
- 1 1/2 koppies kookolie
- 4 eiers
- 3 koppies gerasperde wortels

Meng nou al die droee bestandele, behalwe die wortels, en roer die olie in.
Sodra die olie goed ingemeng is, dan breek jy een eier op 'n slag in en meng goed.
Vou laastens die wortels in.Voorverhit jou oond na 180 grade.Bak in die middel van die oond vir so 50 minute.
Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel.Haal die koek uit die koekpan.
Vir buite om- meng 1 koppie Mascarpone en versiersuiker totdat dit 'n lekker pasta is.
Smeer dit oor die koek, en sprnkel lekker gekapte neute oor.
PS : ONTHOU, 'N WORTELKOEK PROE GEWOONLIK LEKKERDER EERS DIE VOLGENDE DAG!
about 11 months ago · Report

Rina Kleinhans
CAROL ELLIOTT CLAASEN: BAR ONE CHOCOLATE CAKE

Ingredients:
225g butter
125ml cocoa
5ml coffee powder
250ml water
2 eggs
300ml sugar
10ml vanilla
450ml self-raising flour
190ml cream

Topping:
2x58g Bar One chocolates, cut up
50g dark chocolate
100ml cream
5ml butter

Method:
Combine the butter, cocoa, coffee and water in a pot and heat gently until melted. Cool slightly and set aside.
Beat eggs and sugar, adding vanilla until light and fluffy. Add sifted flour and cream and mix well. While beating gradually add the cocoa mixture. Mix well.
Pour into a greased and lined 20cm-deep cake tin and bake at 180°C for 50-60 minutes.
For topping: combine all ingredients in a pot and heat gently until melted and smooth.
Cool until thickened. Pour over cooled cake. Leave to set.
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
Pamela van Wyk
AMARULA Sjokoladekoek
60 ml Kakao125 ml kookwater3 eiers220 ml suiker60 ml olie250 ml koekmeel10 ml bakpoeier2 ml sout
STROOP200 ml suiker250 ml water60 ml Amarula-likeur1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering Flake-sjokolade
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag: 1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. .2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.Versier:1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. 2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien vekies 15/6/10 ♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
Rina Burden
LEMOENSTROOPKOEK
1 koppie botter, 3/4 oppie suurmelk, 2 eiers,2 e versuikerde lemoenskil, half koppie gekapte neute,knypie sout,1 kop kookwater,1 kop suiker, 1 teel koeksoda in melk, 1 kop gesnyde dadels, 2 kop meelblom
Gooi kookwater oor dadels. Room botter en suiker en voeg eiers een een by. Voeg dadels, lemoenskil en neute by. Meng laastens meel en melk om die beurt by Bak in gesmeerde panne by 375 grade F vir 25-30 min. Haal uit oond en gooi koue stroop oor

STROOP: Meng sap van 2 lemoene, 2 teel gerasperde skil en 1 kop suiker, smelt op lae hitte, verkoel en gooi oor warm koek
Ander resep se mens kan stroop warm oor gooi. Baie Dankie Rina♥
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
SJOKOLADE MOUSSEKOEK
Benodighede
SJOKOLADE SPONSKOEK
1 koppie suiker
1 koppie meel
½ koppie warm sterk koffie
3 t bakpoeier
2 eetlepels kakao
1 t sout
½ koppie olie
1 t vanilla essence
4 eiers geskei

SJOKOLADE MOUSSE
250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)
1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao
Bereiding
Voorverhit oond op 180 grade C

SJOKOLADE SPONSKOEK
Klits suiker,warm koffie en kakao goed saam tot afgekoel
Skei die eiers en klits die geel van die eiers 1 voor 1 by
Voeg olie toe en klits goed
Voeg droë bestandele toe
Meng goed
Klits die eiwitte styf
vou die geklitste eiwitte goed in die mengels met 'n yster lepel
Skink in oondpan
Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 grade C
Laat afkoel op draadrak
SJOKOLADE MOUSSE
Klop die stork cremendous ( of ander room) styf
Voeg die gekookte kondensmelk by die room .
Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is
Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse
Verkoel vir minstens 'n uur <<< about 11 months ago · Report

Rina Kleinhans
LEMOENKOEK
125g margarine/botter
250ml suiker
2 eiers geskei
1 lemoen se skil gerasper
1 lemoen se sap
190ml melk
500ml meelblom
15ml bakpoeier
1 ml sout

Room die smeer en suiker. Voeg die eiergele, lemoenskil en lemoensap by. Klop dit goed. Voeg die melk by en meng dit goed saam. Sif die droë bestandele saam. Klits die eierwitte styf. Voeg die helfte van die meelmengsel by die eiermengsel, meng, voeg helfte van die eierwitte by, meng. Herhaal met res van meel-,eier-, en eierwitte. Klop baie goed na elke byvoeging. Gooi die mengsel in twee gesmeerde koekpanne en bak vir ongeveer 20 min. by 180°C. *Smulresepte*
about 11 months ago · Report

Rina Kleinhans
LEMOENKOEK MET ROOM VULSEL
1 ½ kp meel
½ kp mazina
½ teel sout
½ kp margarien
1 ¼ kp suiker
4 eiers geskei
½ kp lemoensap
Skil van 1 lemoen gerasper
Meng magarien en geel van eiers. Voeg suiker by en meng goed, voeg lemoensap by. Sif droe bestandele saam en meng beurtelings by die lemoensapmengsel saam met die skil. Klits eierwitte styf en vou liggies in. Gooi in 2 gemeerde koekpanne en bak vir ongeveer 35min by 180°C. Laat afkoel en plaas opmekaar met room vulsel.
VULSEL
125g margarien
17.5g versiersuiker
1 eiergeel
Room margarine en eiergeel saam, voeg versiersuiker by en klop baie goed.
about 11 months ago · Report

Helena Kruger
Benhet Nieuwenhuis
Dekadente Sponskoek
4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarien
390g-blikkie karamelkondensmelk
250 ml room

Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray & Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met 'n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat effens afkoel voordat dit uitgekeer word.
Laat die koek heeltemal koud word. Roer die karamelkondensmelk goed totdat daar nie meer klonte in is nie. Klits die room styf. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die een koek, en smeer egalig. Skep die helfte van die room bo-op die kondensmelk en smeer egalig. Plaas die tweede koek bo-op dit. Smeer die res van die kondensmelk bo-op die koek. Gebruik die orige room om roomrosies bo-op die koek te spuit. Frummel die Flake bo-oor die koek.
Verkoel die koek as dit nie dadelik geëet gaan word nie. Laat so 'n uur voor opdiening buite die yskas om net na kamertemperatuur terug te keer.29/6/10 ♥
about 10 months ago · Report

Rina Kleinhans
JAFFA-KOEK
2 middeslag lemoene
Ongeveer 65ml melk
450ml strooisuiker
125ml roomkaas
3 eiers
375ml koekmeel
75ml kakao
15ml bakpoeier
Knippie sout
75ml margarine/botter
Stel oond op 180°C. Smeer ‘n koekpan van 20cm in deursnee en bedek die bodem met gesmeerde waspapier. Sny een van die lemoene met skil en al in 5mm skywe en verwyder die pitte. Bedek die skyfies aan weerskante met 65ml strooisuiker en rangskik op die boom van die koekpan. Rasper skil van ander lemoen fyn af en hou eenkant. JAFFA-KOEK VERVOLG:
Druk sap uit (sowat 60ml) en vul met melk aan tot 125ml. Hou eenkant. Klits roomkaas, 125ml van die oorblywende strooisuiker en een van die eiers saam tot goed gemeng. Hou eenkant. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Klop botter en oorblywende 250ml strooisuiker tot romerig. Klop oorblywende twee eiers een vir een by. Voeg lemoenskil by en roer gesifte bestandele beurtelings met lemoensapmengsel by bottermengsel. Skep helfte van hierdie sjokoladedeeg op lemoenskyfies in pan. Hol deeg in die middle effens uit en gooi roomkaasmengsel daarin. Bedek met res van sjokladedeeg. Bak ‘n uur, keer dadelik op ‘n draadrakkie uit en laat afkoel. *Huisgenoot 1982*
about 10 months ago · Report

Rina Kleinhans
RYKSTE SJOLADEKOEK
Hierdie koek is donker en klam heerlik!
250ml kakao
500ml kookwater
4 ekstra groot eiers by kamertemperatuur
500ml strooisuiker
750ml koekmeel
20ml bakpoeier
Versiering:
100g donker sjokolade in blokkies gebreek
125ml room
Klop kakao en kookwater saam tot glad. Hou eenkant om effens af te koel. Klop eiers en suiker goed tot lig en romerig. Sif meel en bakpoeier saam en roer saam met afgekoelde kakaomengsel by eiermengsel. Meng goed, maar liggies. Skep beslag in gesmeerde koekpan. Bak sowat 40-45min by 18°C of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.
Versiering: Smelt sjokolade en room by lae krag in die mikrogolfoond en roer tot sjokolade opgelos is. Laat effens afkoel om dikker te word. Draai koek om sodat die onderkant bo is en smeer sjokolade oor koek. Laat sjokolade dik word en rond verder af volgens jou keuse met kersies of vars blommetjies. Sit elke sny koek voor met ‘n skeppie geklopte room indien verkies. *Kuier gesellig*
about 10 months ago · Report

Helena Kruger
PIESANG KOEK!
2k meelblom
1k suiker
1t bakpoeier
1t koeksoda
1t sout
125ml margarine
1/2k karringmelk of suurmelk
1k piesangmoes
1t vanilja
1/3k melk
1 eier
Voeg al die best behalwe die piesang in mengbak. Klop 3min tot glad en sonder klonte. Vou piesangmoes in. Voer 2 panne met waspapier uit en smeer, gooi beslag in panne en bak 25-30min. in n matige oond[160]. Haal uit en laat 3min afkoel gooi uit en laat deeglik afkoel. Vul en versier
Stroop: 3/4 k suiker en 1k room
Versiersuiker: 100ml sagte botter, 700ml gesifte versiersuiker, 200g gladde Maaskaas, 2ml vanilja, 125ml gekapte okkerneute.
Gooi stroop oor en versier met Maaskaasvulsel.♥ Corne 1987♥ Helena
about 10 months ago · Report

Rina Kleinhans
GEMMERKOEK MET JOGURTVERSIERSEL
190ml olie
250ml bruinsuiker
4 eiers
125ml goue stroop
625ml koekmeel
5ml gemaalde gemmer
Knippie gemaalde kaneel
Knippie sout
7.5ml bakpoeier
2.5ml koeksoda
250ml karringmelk
100g pekanneute gekap
60ml klapper
5ml vanilla
60ml gepreserveerde gemmerstukke baie fyn gesny (oppsioneel)
VERSIERSEL
60ml sagte botter
750ml versiersuiker gesif
60ml bulgaarse jogurt
Gekapte neute vir versiering
GEMMERKOEK MET JOGURTVERSIERSEL VERVOLG:
Stel die oond op 180°C. Kits die olie, suiker, eiers en goue stroop saam. Sif koekmeel, gemmer, kaneel, sout en bakpoeier saam. Roer koeksoda by karringmelk in. Roer karringmelk en meelmengsel om die beurt by die eiermengsel in. Roer neute, klapper, vanilla en stukkies gemmer by. Voer die bodem van twee ronde 23cm koekpanne en smeer beslag in. Bak vir 35min of tot toetspen skoon uitkom. Laat koeke eers bietjie afkoel in die panne voordat jy dit uitkeer.
VERSIERSEL
Klits bestandele vir versiersel saam tot lig en donsig. Versier koek (tussen die lae en bo-op) en rond af met gekapte neute indien verkies. *Vrouekeur*
about 10 months ago · Report

Rina Kleinhans
MUD CAKE – (MODDERKOEK)
My dearest friend Gail gave me this recipe, she brought it from Australia.
250g Butter (must be butter not margarine)
150g DARK chocolate chopped
1/12cups castor sugar
1 cup hot water
2 eggs
1 ½ cups mixed dried fruit (cake mix)
1/3 cup whisky
1 Tbs instant coffee
1 ½ cups plain flour
¼ cup self raising flour
¼ cup cocoa
Mix butter, sugar, chocolate, water, whisky and coffee in a heat proof bowl, stir over hot water until chocolate is melted. Transfer into large bowl, mix in sifted flours and cocoa, then eggs and fruit. Pour into greased square baking tin. Bake at 180°C for about 30min or until cooked. *Rina*
about 10 months ago · Report

Rina Kleinhans
SJOKOLADE KOEK
Berei een groot vierkantige koekpan of twee groot ronde koekpanne voor.

MENGSEL 1: Sif saam:
1 ½ kp meel
4 teel bakpoeier
½ teel sout
4 hoofvol eetl kakao
MENGSEL 2: Skei 6 eiers. Meng eiergele met 1 ½ kp suiker en klits goed. Voeg by 3/4kp olie, 1 kp warm water, 1 teel vanilla en klits goed saam.
Gooi mengsel 2 by mengsel 1 en meng goed.
Klits eierwitte styf, en klits in by bogenoemde.
Bak by 180°C vir 45min. Laat staan rukkie sodat kante loskom, gooi uit en versier.
My Vriendin bak hom in ‘n groot vierkantige pan, sny hom in twee en sit dan die twee lae opmekaar met versiersuiker, en versier hom. Baie baie lekker klam en bros. *Vriendin Rita*

VIR WITKOEK: Los die kakao uit en voeg 4 hoogvol eetl. maizena by.
about 9 months ago · Report

Rina Kleinhans
WORTELKOEK
My Vriendin Lydia is ‘n baas bakster en hierdie is haar resep. Uit die boeke lekker.
2 kp koekmeel
2 kp suiker
1 ½ kp kookolie
3 kp gerasperde wortels
1 kp kersies opgesny
1 kp gekapte neute
2 teel kaneel
½ teel vanilla
½ teel sout
1 ½ teel koeksoda
4 eiers
Klits suiker en eiers saam. Voeg olie gelydelik by. Sif die droë bestandele saam en meng goed met die eiermengsel. Voeg die vanilla by, roer kersies, neute en wortels in en meng goed. Gooi in twee voorbereide koekpanne en bak vir 30-40min by 180°. ☺
about 9 months ago · Report

Rina Kleinhans
MOKKAVERSIERSEL EN VULSEL
1 kp versiersuiker
3 eetl kakao
2 eetl sterk koffie
1 eetl botter
½ teel vanilla
Sout na smaak
Klits die botter en sif die suiker en kakao daarin. Klits dit goed. Roer die koffie, vanilla en sout by. Roer tot dit mooi glad is. Gebruik binne en bo-op koek vir vulsel en versiersel. *Lekkerkos*

LEMOENVERSIERSEL
2 teel gerasperde lemoenskil
1 ½ eetl lemoensap
60ml botter/margarien
Knippie sout
2 ½ kp versiersuiker
1 eiergeel
Room botter/margarine tot dit sag is. Voeg eiergeel en sout by en meng goed. Meng die emoenskil en sap, en voeg versiersuiker en lemoensap by bottermengsel. Meng baie goed. Die hoeveelheid is genoeg vir ‘n groot laag koek. *Knuppeldik aan Koningskos*

SJOKOLADE VULSEL EN VERSIERSEL
250g versiersuiker
50ml botter/margarine
5ml vanilla
25ml kakao
2 eetl koue water
Room die margarine en voeg die versiersuiker, kakao en geursel geleidelik by. Voe