KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
2012 HET BEGIN!

2012 HET BEGIN - al is baie mense in Suid Afrika nog met verlof. Dinge sal weer stadig na 'normaal' terugkeer as die skole eers begin het. Of jy nou skoolgaande kinders het, of nie.

CENTURION waar ek bly, is soos 'n miernes. Dit wemel van ouers en kinders. Maar die vrolikheid begin nou taan. Daar word in die besige winkelsentrums gesoek na skool-klere en wat nog - vir skoolkinders.

Huisbediendes begin sleepvoetend terugkom. Baie was haastig om huistoe te gaan, vir die Kersvakansie.
Volgelaai met kersgeskenke en 'cristmas-boxe' vir hul families. Nou probeer hulle weer orals geld leen. Ook vir hulle is dit nou weer ekstra geld vir skool.

Wat 'n mallemeule. Maar ek kla nie, want ek hou alles dop van 'n kant af.

Wat het by julle gebeur?