KLETSHOEKIE

WAAR JY ENIGE ONDERWERP KAN BEGIN, of repliek kan lewer op iets wat reeds hier staan...Kom, gesels saam!

ONSDORP se DEBAT en BRIEWE LAPA
Start a New Topic 
Author
Comment
Gevare op ons paaie

Ek sien hier is lanlaas enige onerwerpe geplaas. Wel laat ek met een begin. Ek het nou mos laas week vrydag besluit ek gaan met die motor inkom werk. Ek gebruik dan die N17 tolpad. op daai dag was dit 2 keer wat 'n BMW van ager af jaag op 'n mens en op jou "gat" ry om dit so te stel. As ek moes vinnig briek dan was daai BMW teen my en sou lelik gecrash het.Die middag toe ek terug huistoe gaan sal 'n kar jou wrintie waar reg voor my inswaai. So erg ek kon voel hoe ruk daai kar se wind my kar. Ek is so bly ek maak gebruik van publieke vervoer. Ek gebruik die trein, maar soms kan dit jou net so frustreer, veral as hulle gereeld laat loop. O ja dan noem ek nie eers die minibus taxi's wat sommer langs die hoof stop om mense af te laai en as hulle dan ry, ry hulle soms voor jou in dat jy amper op jou remme moet stan om 'n ongeluk te vermy. so as ek so taxi sien dan verwissel ek maar vinnig van baan in geval hy dalk wil ry net as ek agter hom is. So mens kom ons praat oor die gevaar op ons paaie en mense in anderkant lande kan gerus se hoe is die verkeer daar. Ek weet in Lande soos Sri-lnka en Indie is dit baie erger as hier.