Om perfekte eiers te kook, sit die eiers in koue water op, laat kook, sodra die water begin kook stel die tyd op 4-5 minute en spoel dan dadelik af in koue water. Om dit af te dop,maak 'n gaatjie in die dop en gebruik 'n nat teelepel om die eier maklik af te dop!
Voila!! So maak mens!
Wat eet ons nou weer vannaand?
(Madelein) Gemarineerde Hoender vir vanaand se braaivleisvuurtjie ;) 100ml Asyn, 100ml Olie, 12,5ml Worcestersous, 1 Ui fyn gekap, 1 Knoffelhuisie fyn gekap, 5ml Paprika, 12,5ml Fyn Appelkoos konfyt, 25ml Tamatiesous, 5ml Droe Mostert, Ongeveer 3kg Hoenderstukke. * Metode volg in comment*
4 hours ago via Mobile Web · Like ·
2 people like this.
Wat eet ons nou weer vannaand? Meng al die bestandele vir die sous saam. Steek paar gatjies in hoenderstukke met n mes en plaas hoenderstukke in sous vir so 3ure voor braaityd. Draai hoenderstukke gereeld om in sousie. Plaas op kole en braai tot gaar en lekker bruin. Verf sousie gereeld op hoender terwyl dit gebraai word. Enjoy ;)